| Klaaglied vir Koos Deur Lettie Viljoen Uitgewer: Taurus 1984 |
|
|Tuisblad|Oeuvre|Biografie|Publikasies|Projek|Kunswerke|Klaaglied|Erf|Belemmering|Karolina|Landskap|
| Hierdie teks handel oor 'n jong
Suid-Afrikaanse vrou wat agterbly wanneer haar man haar verlaat en grens toe gaan om te
gaan veg om "die onderdruktes te gaan bevry"(1). Sy is woedend en hartseer en
soek dan troos in 'n kortstondige maar hartstogtelike verhouding, maar dit tas nie haar
liefde aan vir haar man, op wie se waagmoed sy trots is, nie (André Le Roux, Die lekker
kry met 'n sug afgewissel. Beeld, 20 Mei 1985.). Sy verlang na hom en is
bekommerd oor sy veiligheid. Wanneer haar minnaar haar ook verlaat, verdubbel haar
eensaamheid en durf sy die wêreld alleen met haar kind aan. Die heersende literêre tema,
naamlik dié van grensliteratuur, en die vroulike visie op die gebeure van die dag, vertel
dus die verhaal van die eensaamheid van 'n verlate vrou. Sy vertel self haar verhaal in
taal, wat, volgens L.S. Venter ('n
Prestasie in die jonger prosa.Die Volksblad, 18 Januarie 1986.), hard en
meedoënloos is vir 'n sagte en afhanklike vrou. Die teks is net 69 bladsye lank, en is in
1986 in die Mark-Teater in Johannesburg opgevoer (Fanie
Olivier, Afr.toneel lééf met 'n wildsboudjie en 'n verwilderde vroumens. Rapport,10
Augustus 1986.).Die teks is 'n komplekse vertelling wat rondom etlike opposisies
gestruktureer is (Joan Hambidge, Klaaglied vir Koos: Om boodskap en aanbod 'n belangrike prosawerk.
Die Vaderland, 4 Februarie 1985).
|
|Tuisblad|Oeuvre|Biografie|Publikasies|Projek|Kunswerke|Klaaglied|Erf|Belemmering|Karolina|Landskap|
| ANDRÉ P BRINK,Van die beste prosa in jare.
Rapport,20
Januarie 1985 (Volledig aangehaal) L. S. VENTER, 'n Prestasie in die jonger prosa. Die Volksblad, 18 Januarie 1986 JOAN HAMBIDGE, Om boodskap en aanbod,'n belangrike prosawerk. Die Vaderland, 4 Februarie 1985 ANDRÉ LE ROUX, Die lekker kry met 'n sug afgewissel. Beeld, 20 Mei 1985 FANIE OLIVIER,Afr. toneel lééf met n wildsboudjie en n verwilderde vroumens. Rapport, 10 Augustus 1986 |
|Tuisblad|Oeuvre|Biografie|Publikasies|Projek|Kunswerke|Klaaglied|Erf|Belemmering|Karolina|Landskap|
André
P. Rapport: |
Klaaglied vir Koos is van die beste prosa in jare "Gedurende die jare Sewentig het vroue die Afrikaanse poësie gedomineer. "Dit lyk asof dit in 1984 ook in die prosa begin gebeur het: watter manlike skrywer uit dié mooi jare van Onse Here is te vergeleke met die uiteenlopende prestasies van Daleen Matthee in Kringe in n bos, die heeltemal andersoortige Eleanor Baker in Weerkaatsings, en die nogeens andersoortige verrassing van een van die merkwaardigste narratiewe dedute in baie jare, Klaaglied vir Koos, gepubliseer onder die skuilnaam van Lettie Viljoen (Taurus, R9.95)? "Toegegee, die titel is - selfs al sou dit , natuurlik, heftig ironies gelees word - nie net onvoldoende voorbereiding op die teks nie, maar eintlik sommer bietjie simpel. (Ook as die 'Koos' nie verwys na die vertelster se naamlose geblewe man of haar ewe naamlose geblewe minnar nie, maar - wie weet - na iets soos die 'common man', Koos van der Merwe of so.) "Die teks registreer (n hipergevoelige seismograaf) die verhaal van n vrou wie se man haar verlaat het 'om die onderdruktes te gaan bevry' (1) en wat ná n kortstondige, hartstogtelike troos soek by n minnaar, die lewe en wêreld alleen met haar kind aandurf, agtergelaat in die burgerlike bastion van n afbetaalde-huis-met-grasperk-en-tuin, omgewe van onessensiële vriende wat verder verwyder raak, bedelaars en hulpbehoewendes by die deur, n sosiale werkster, vroue met sosiopolitieke 'roeping' waarmee sy haar probeer vereenselwig; omgewe, ook, van n tuin vol beurende, vrugbare vegetale lewe; geskiedenis; herinnering. "Aan dit alles wil in die hier-en-nou van die vertelling beslag gegee word deur verskeie opeenvolgende (en soms saamvallende ) stadia, soos: brandende maar onvervulde seksuele verlange; afsterwing en afstomping; inkeer na binne; nuwe bewuswording van en inleef in n omliggende dimensie(n proses wat geraffineerd saamval met sikliese seisoenverloop) . "n Kort, heftige paragrafie open die vertelling: 'Buite skop ek die tuinhek eers van binne af oop, dat hy ver verby sy normale swaai swáái, en toe skop ek hom van die ander kant af terug, dat sy skarniere ingee. (Dis n ou hek.) Minstens vier paar oë hou my dop. Ek stamp my kind in die kar in. Ek slaan die deur toe. Ek rev die kar. Hier begin my relaas.' (1) "Ek het helaas nie die ruimte om aan te dui hoe elke sin, elke frase, tot en met die gebruik van die hakie en die Engelse woord, vóórteken wat voorlê en embrionies saamvat wat in die res van die vertelling vol verskuiwende betekenisverskille ontwikkel word nie. "Maar dit moet ek uitwys: die duidelike aankondiging van 'Hier begin my relaas' pas nadat die eerste paar sinne hulle uitgewoed het. "Dit makeer n 'voor' en n 'na': vóóraf het bepaalde dinge 'gebeur'; hierná word daar in n 'relaas' vertel. "Alles wat hierná kom, is n teruggryp na wat vóór sou gewees het. "Daar is n woord (die 'relaas'); en daar isn vóór-woord. Daar is n 'hier' (die woord van die teks op die papier) en daar is n 'daar' (die dinge, mense, gebeurtenisse wat in daardie teks beteken word). "In n sin is dit natuurlik die oergegewe van die narratiewe, en van fiksie: niks is regtig hier nie (die woorde ver-teenwoordig maar n storie, elders): en niks is regtig daar nie (want die skyn van daar word alleen opgeroep danksy die woorde hier!): en alles bestaan tussen-in, juis in daardie verskil (Derrida sou sê: in daardie 'différance', d.w.s. sowel die andersheid as die uitstel van betekenis tot n hierná wat nooit volledig 'bereik' word nie: of dan juis net volledig). "Maar as dit die voorwaarde vir alle fiksie is, dan gee 'Lettie Viljoen' daar juis op merkwaardige manier aan beslag, o.m. deur heeltyd die skryfproses waarin die verteller hier en nou betrokke is, af te teken (en juis te teken) teenoor die 'afwesige werklikheid' wat sy probeer oproep; maar ook deur die soort skisofreniese verbeelding waarvan daar telkens sprake is (o.a. op 43) en waardeur sy tegelyk haar man in die verte in sy onbegrypbare nuwe lewe (én sy herinnerde vroeër lewe) oproep en haar verbeel dat hy by haar is. "En nóg n manier waarop dit beslag kry, is om telkens 'feite', 'gegewens', 'gebeurtenisse', 'prosesse' op so n manier naam te gee dat die leser van die naam as teken, as woord, bewus is: elke voël of plant moet met sy wetenskaplike benaming beteken word; die heftigheid van die seksuele word vreemd 'ontliggaam' deur die geslagsdele en -prosesse op hul Latynse name te noem: n soort abstrahering, wat op sigself inskakel by die tekensisteem van die skryfproses. "En wanneer 'ding' en 'naam' dan geskei raak, ontstaan die moontlikheid van verskuiwings en verleggings, n opheffing van liniêre verwysings- verband tussen betekenaar en betekende: dit sien die leser nie net in die verskil tussen die man en die vrou se 'wêrelde' nie: hy kies die 'enkelvoudigheid' van n ondubbelsinnige daad; sy verstrik haar in woorde, in sinne vol hakies en relativeringe. Hy: 'Net die waarheid kon jy duld, geen enkele weerspreking of dubbelsinnigheid nie, het jy ondubbelsinnig laat blyk. En die waarheid het jy enkelvoudig soos boodskap verkondig' (58-59). Sy: n belewenis van n landskap 'sonder fisiese substanie' (59); n nadruklike kreet; 'om godsnaam dit is net n fantasie' (32). "Dáár by haar die hunkering: 'As ek dan voorts my beperkte posisie kon oorskry/oorstyg deur die gebruik van hierdie subversiewe/-alternatiewe taal' (59-60). Selfs die afwisseling van 'jy' en 'hy' wanneer sy na man (en minnaar!) verwys, staan in die teken van hierdie différance. "Daarom is geen tekens uit haar wêreld ook ondubbelsinnig nie: die onbetroubaarheid, die inadekwaatheid van mense word nie net beaam nie, maar ook beteken deur die dubbel- of meersinnigheid van die dinge in haar wêreld. "Enersyds word sy omring deur tierende vrugbaarheid: n welige tuin, vrugte, n sprinkaan wat eiers lê, n boordevol termietenis... "Maar elk van dié tekens dui ook op vernietiging en geweld (d.w.s. die wêreld van haar man): die tuin word verwildering en chaos; die sprinkhaan se eiers herinner aan wapenopslagplekke, aan ondergrondse bedrywighede; die termiete beduie ook ondergrawing en uitkalwering. "Die verteller wil haar uit haar gedoemde allenigheid probeer uitskryf, in die geskiedenis in (van die verruklikste passasies in die werk het te doen met die oproep van òf n persoonlike òf n kollektiewe geskiedenis - o.a. 20-21, 31, 38, 49...): dáárom die naarstige soek na elkeen van die dramatis personae se affiliasie met die (tragiese) lotsbestemming van die land" (36). "En hierdie lotsbestemming word opgeneem in n hele apokaliptiese kode in die teks, vroeg al aangedui deur die besoek van die vrou met die verbrande kind; en met, uiteindelik, die visioen van haar en haar man as 'twee verkoolde monsters, menslike oorblyfsels van n natuurramp van vuur' (64), maar dan tóg weer n nuwe beginpunt, 'embrionies, altyd maar simbioties verbind' (64). "Maar soos J.M. Coetzee in The life and times of Michael K., word die apokaliptiese tenslotte oorstyg tot n nuwe ontroerende visioen (steeds bestryk deur ironie) van menslike gemeensaamheid, in die beeld van die verteller in haar huis, in ewewig tussen haar 'ontliggaamde minnaar' en die swart man in haar tuin (68): n wêreld waarin die mens, met alles van hom/haar afgeneem, skielik ryk is aan keuses; inn wêreld vol deurnis vir al wat leef ('Preek en bid in die tuin, hulle almal om my skaar, saam koejawels optel, suurlemoene optel, blare hark, komposgate maak, uintjies uitgraaf, of eetbare knolletjies oral ontdek op die erf' - 66); ( pragtige relativering, eers die 'ora'", dán 'op die erf!'): n wêreld waarin die woord sowel triomfeer as sy skamelheid demonstreer. "Bowenal: n wêreld waarin 'spore... weer wys' (69), waar allerhande nuwe beginne moontlik is. "Ek wil vir geen oomblik te kenne gee dat dit n 'moeilike' teks is nie! Dis juis so meevoerend 'storie' - en dit so intens en intuïtief vroulik vertel - dat dit die leser sal aangryp wat soek na 'meelewing'. "Dat dit tegelyk so merkwaardig ryk is vir wie ook al na méér op soek is, maak dit niks minder as n klein kragtoer nie. "Dis nie verniet dat ek hierbo na Coetzee verwys het nie: die taal het n digtheid wat meermale dié skrywer sou eer aandoen. "Klaaglied vir Koos is kort en klaar een van die allerbeste prosawerke wat in lange jare by ons verskyn het." |
|Tuisblad|Oeuvre|Biografie|Publikasies|Projek|Kunswerke|Klaaglied|Erf|Belemmering|Karolina|Landskap|
(opsommings) |
In hierdie resensie kyk Venter na die novelle as grensliteratuur, maar grensliteratuur geskryf om die alternatiewe geskiedenis te vertel. Hy lewer kommentaar op die taal, styl en die gebruik van die "klaaglied" as manier om uitdtukking te gee aan die hoofkarakter se eensaamheid en verlatenheid, en die moontlikheid om eensaamheid in taal te kommunikeer.
|
|Tuisblad|Oeuvre|Biografie|Publikasies|Projek|Kunswerke|Klaaglied|Erf|Belemmering|Karolina|Landskap|
|
Lektrise Dept. van Afrikaans en Nederlands - Universiteit van Stellenbosch |
Postcolonialism and
Recent Womens Writing in Afrikaans (World
Literature Today, pp. 63 - 72) - Louise Viljoen OPSOMMING 'n Insiggewende bespreking oor die kompleksiteit van die Suid-Afrikaanse literatuur in 'n postkoloniale verband. Aandag word gegee aan verskillende benaderings tot die term "post" wat kan dui op 'n temporele breuk met kolonialisme of soos Ashcroft, Griffiths en Tiffin aandui in The Empire Writes Back ( 1989), op 'n ondermyning van kolonialisme. Nie een van hierdie totaliserende sienings kan egter sonder meer op die Suid- Afrikaanse literature toegepas word nie. Viljoen vind die ideologiese oriëntasie van Mishra en Hodge (What is Post(-)colonialism? In: Williams & Chrisman: Colonial Discourse and Post-Colonial Theory. 1993), wat 'n onderskeid tref tussen 'n opposisionele postkolonialisme en 'n komplisiete postkolonialisme baie meer bruikbaar vir 'n beskrywing van die postkoloniale in Suid-Afrikaanse literatuur. Sover dit die Afrikaanse literatuur betref, het ondervinding getoon dat Afrikaanse literatuur "has functioned both oppositionally (in open support if the politcal struggle) and complicitly (in the tendency toward the rupture and decentering of all totalising discourses), thus leaning toward the 'fused postcolonial' in its construction of postcoloniality" (Viljoen, 65). Sy wys verder op ooreenkomste tussen die geskiedenis en preokkupasies van Feminisme en Postkolonialisme: die ondermyning van die strukture van dominasie en die terugskryf van gemarginaliseerdes in die dominante diskoers in. Tog kan die stryd van feministe nie gelykgestel word aan die stryd vir politieke vryheid nie, omdat laasgenoemde nie noodwendig die afskaffing van patriargale dominansie behels nie. In die Suid-Afrikaanse konteks word die situasie verder gekompliseer deur 'n keuse tussen die aanspreek van rasse- en/of patriargale dominansie in die ondermyning van die dominante diskoers. Die belang van Afrikaanse vroueskrywers in die transformasie van die Suid-Afrikaanse kultuur binne postkoloniale verband,word ter sprake gebring. 'n Verbintenis met die probleme van ras, geslag, klas en die skryfproses, word in die bespreking aan die hand van die tekste van 'n aantal Afrikaanse vroueskrywers aangedui. Dit sluit die volgende tekste in: Klaaglied vir Koos deur Lettie
Viljoen Oor die Lettie Viljoen-teks laat Louise Viljoen haar soos volg uit: "KLAAGLIED VIR KOOS BY LETTIE VILJOEN. "Lettie Viljoen's first novel, Klaaglied vir Koos (Lament for Koos), was published in 1984 during a time of increased militarisation and political repression by the South African government. The narrator in this short novel is a white woman whose husband unexpectedly leaves her and their four-year-old child to join in the armed struggle against apartheid. She angrily confronts the reader with these facts on the first page of the novel as she registers her fury at being left behind by her husband, declaring it to be the starting point of her narrative. (It is interesting to note that anger has been inspirational for more than one Afrikaans woman writer. A few years earlier the poet Antjie Krog declared in one of her poems, 'Ek skryf omdat ek woedend is' (I write because I am livid; 1980, 23). After spending time in hospital to recover from the shock caused by her husband's departure, the narrator slowly puts her life together again. Having experienced a nadir of emotional estrangement and inertia, she slowly comes to terms with her feelings of rejection and inadequacy, regaining her independence and the confidence to live her own life. "The psychic trauma that provides the stimulus for the writing of [Viljoen's] novel foregrounds the narrator's feelings of inferiority, guilt, and inadequacy. The work demonstrates that her trauma is related to the way in which her subjectivity is constructed in terms of gender, race, and class relationships. Her gender identity is mainly constructed in terms of the differences between her and her husband. He is described as intellectual, capable of thinking in macro- political terms, intolerant of contradictions or ambivalence, prepared to go to war and sacrifice the safety of his bourgeois home and nuclear family to achieve his political ideal of freedom for the oppressed. According to her own analysis, she is a vessel filled with ideological content by her husband who dreams of a whole that will accommodate ambivalence and contradiction, wants to entrench the confines of their nuclear family rather than break it open, thinks of opposing the regime but not of leaving their home and joining the war as he did. In comparison to his she finds hers a small life of no consequence (41), although she is subconsciously warned by an image of herself and her husband as Siamese twins in a bottle that she should free herself from constituting herself as her husband's 'other' (53). The narrator's racial identity is constructed in terms of her relationships with black people and also manifests in feelings of inferiority and triviality. She feels that her own life as a white woman is less meaningful and consequential than the lives of black men and women involved in the struggle against oppression. She sees their culture as more sustaining, their people's history as richer in texture and less perverse than the sparse facts of her own history as a white person (12, 38). "Relationships determined by class also feature in the construction of the narrator s subjectivity. As the white owner of a solid bourgeois home, she stands in a relationship of economic as well as racial power toward the homeless couple Frans and Bettie, the destitute woman Sylvia whose house burned down, and the gardener Nevil, who all knock at her door to ask for food or shelter and who depend on her goodwill for their survival. At first she hides from them in her house, frightened and silent (15), but eventually she is prepared to leave the safety of her bourgeois home to negotiate with them and even to join them: 'Gaan ek voortaan nie meer van binne die huis onderhandel nie maar saam met die befoktes, die haweloses, die besittingloses, saans so my huis omsirkel, in waaragrige meelewing' (Henceforth I am not going to negotiate from inside my house, I am going to circle my house in the evenings together with the fucked, the homeless, the possessionless, in genuine empathy; 66). She finally achieves the solidarity with the dispossessed that her husband so desperately desired: 'Een met die laagstes . . . die sosiaal uitgeworpenes' (One with the lowest . . . the socially rejected; 66). Thus she succeeds in breaking out of the constricting patterns preordained by gender, race, and class in predemo- cratic South Africa. "The narrator registers her rebellion against the various forms of domination which gives rise to her feelings of inadequacy and inferiority on a narrative level. The novel disengages itself from traditional narrative patterns (interpreted by feminists as a patriarchally determined) by subverting linear causality, closure, and authorial control. The narrative outwardly follows the linear progress of the seasons but gives priority to the chaotic and unresolved inner life of the narrative as a structuring device. The novel also takes as its terrain the personal, the intuitive, the subconscious, and the microphysical domain rather than the public. Whereas the narrator's husband fights the political struggle on a public level, she conducts her struggle within a private domain (symbolised by the bourgeois house and garden). Whereas her husband analyses the political situation in South Africa on an intellectual level (18), she experiences it intuitively in terms of an image. While recovering in hospital, she sees the image of an ants' nest which she relates to the large number of oppressed workers in South Africa (11, 20, 27), with whom she feels a subconscious solidarity when performing her domestic tasks (27). Thus image and fantasy often take the place of intellectual analysis and event in her narrative. At certain points the concentration on the private and personal becomes a preoccupation with the microphysical, as is evident from the scientifically detailed descriptions of sexual organs during intercourse, especially the male organ during erection and ejaculation (2, 7). The discourse of sexual submissiveness one finds elsewhere in the novel (she lies 'down for' her husband; 6) is subverted by these moments of masculine, scientific discourse in which the colonizing 'male gaze' is momentarily returned. Thus the construction of the narrating subject at the intersection of race, gender, class, and writing is interrogated on a thematic as well as a structural level." (pp. 66-67). |
|Tuisblad|Oeuvre|Biografie|Publikasies|Projek|Kunswerke|Klaaglied|Erf|Belemmering|Karolina|Landskap|
![]()
Data navorsing en
samestelling deur: |
Bladsy- en grafiese
ontwerp: MedImage |