Karolina Ferreira
Deur Lettie Viljoen

Uitgewer: Human & Rousseau Buite skakel 1993

Oorsig
Resensies
Onderhoud
Literêre Artikels
Akademiese Verhandeling
Pryse vir Letterkunde

 

Maria Sybilla Merian

|Tuisblad|Oeuvre|Biografie|Publikasies|Projek|Kunswerke|Klaaglied|Erf|Belemmering|Karolina|Landskap|

Oorsig

Begin van bladsy

Die verhaal handel oor 'n vrou, Karolina Ferreira, 'n mottedeskundige Buite skakel, wat na die dorpie Voorspoed in die Noord-Oos Vrystaat gaan om navorsing te doen oor 'n seldsame motspesie om te bepaal hoe hierdie motte Buite skakel in die droeë, moeilike omstandighede oorleef.


Literêre Pryse


M-Net Boekprys


Ou Mutualprys
vir Letterkunde

Resensies
Onderhoud
Artikels
Verhandeling

 

Op pad na Voorspoed laai sy vir Willie September op. Hy is 'n bruinman, 'n "meturgeman" wat 'n kenner van medisinale plante is en op sy beurt na die dorpie gaan om sy eie navorsing te doen oor natuurgenesing en om by 'n Argentynse deskundige meer te leer(J.P.Smuts, Karolina Ferreria hoogtepunt, jongste Lettie Viljoen-roman. Die Volksblad Buite skakel, 2 Mei 1994.) Willie is ook heldersiende, en hy beskik oor die uitsonderlike vermoë om mense se fisiese en psigiese kwale te diagnoseer.Hy word 'n metgesel vir Karolina en dit is tydens hulle daaglikse uitstappies in die veld dat die menslike psige vir haar ontsluit word deur haar gesprekke met hom. Langs die pad besoek sy 'n fortuinverteller wat in haar handpalm 'n man sien wat haar vir ewig sal lief hê en ook 'n vriendin wat haar nooit in die steek sal laat nie. Haar verblyf op die dorpie, 'n tipiese kleindorpse ruimte met net die nodigste winkeltjies, 'n apteek, kafees en 'n hotel, duur 18 weke en strek vanaf die somer tot in die herfs. In hierdie tyd spandeer sy die meeste van haar dae in die veld saam met Willie waar sy haar navorsing doen, maar sy verken ook die dorp en leer die mense ken waar sy in die plaaslike hotel bly. Sy sien hulle in die dameskroeg, by die snoekertafel en op die dansbaan, waar sy op Saterdagaande al hoe uitbundiger en sensueler dans met die "Kolyn-kêrel"(157) (Dr Chris van der Merwe, Afrikaans Stereo:Vrouefokus, Boekerubriek, 31 Augustus 1994). Dit is in die kroeg en veral by die snoekertafel, waar die dorp se mans saamdrom en waar sy en Willie meeste van hulle aande spandeer. Sy en Willie word beskouers van die ondergrondse magstryd wat daar op die dorp heers onder die mans, en dit is hierdie magstryd wat lei tot geweld, moorde en teen die einde dan 'n brand in die hotel. Karolina voel met haar eerste besoek aan die snoekertafel donker en bose dinge aan en gepas is dit dan ook die plek wat aan die einde van die verhaal deur die vuur verwoes word ( Heilna Du Plooy, Die Mitologiserende slot van die roman. Stilet, September 1995.) Die politieke toestand van die land manifesteer homself in die roman, en daar is selfs 'n mistieke karakter wat te vinde is in Jess ,haar verloofde, se betrokkenheid by Boeddhisme, Willie se bonatuurlike vermoëns en in Adelia se opmerkings oor die mistiek. Die roman dra verder by tot die bewussyn van die vrou, en gee insigte oor vroulike seksualiteit. Daar word ook kritiek gelewer op die beperkinge wat daar aan vroue gestel word binne die patriargale sisteem. Lettie Viljoen het met hierdie novelle die M-Net-boekprys van asook die Ou Mutualprys vir letterkunde gewen.

Voorgeskryf aan UNISA Buite skakel vanaf 1995

|Tuisblad|Oeuvre|Biografie|Publikasies|Projek|Kunswerke|Klaaglied|Erf|Belemmering|Karolina|Landskap|

Resensies

Begin van bladsy

Resensies
Onderhoud
Artikels
Verhandeling

LOUISE VILJOEN, Verruklike teks. De Kat, Maart 1994. (Volledig aangehaal)
GERRIT OLIVIER, Die Begeerte na Liefde. Vrye Weekblad, 13 Januarie 1994. (Volledig aangehaal)
DR. CHRIS VAN DER MERWE, Karolina Ferreira, Afrikaans Stereo: Vrouefokus, Boekerubriek. 31 Augustus 1994.
CHRISTELL STANDER, Wellus en Stilte. Die Suid Afrikaan en Boeke, Bylaag tot Die Suid Afrikaan, Februarie/Maart 1994.
J.P. SMUTS, Karolina Ferreira hoogtepunt, Jongste Lettie Viljoen-roman. Die Volksblad, 2 Mei 1994.
RACHELLE GREEFF, Lettie Viljoen en haar Motteboek. Boekewêreld, Bylaag tot Nasionale Koerante, 18 Mei 1994. (Volledig aangehaal)

Begin van bladsy

|Tuisblad|Oeuvre|Biografie|Publikasies|Projek|Kunswerke|Klaaglied|Erf|Belemmering|Karolina|Landskap|

Literêre Artikels (Opsommings) LOUISE VILJOEN, Disrupsie en appropriasie in Lettie Viljoen se Karolina Ferreira
HEILNA DU PLOOY, Die mitologiserende slot van die roman.

Begin van bladsy

|Tuisblad|Oeuvre|Biografie|Publikasies|Projek|Kunswerke|Klaaglied|Erf|Belemmering|Karolina|Landskap|

 

Resensie

Louise
Viljoen

De Kat, Maart 1994

Oorsig
Resensies
Onderhoud
Artikel
Verhandeling

Verruklike teks

Lettie Viljoen se jongste roman Karolina Ferreira (Human & Rousseau Buite skakel) beloon die aandagtige leser met ‘n onthutsende, maar enorm betekenisvolle psigiese wêreld, skryf dr. LOUSE VILJOEN.

"‘n Mens sou Lettie Viljoen se vierde roman, Karolina Ferreira, ‘n boek oor die liefde en begeerte, selfs ‘n liefdesroman kon noem. In aansluiting hierby is die narratiewe opset en atmosfeer in die roman veel meer intiem en - word ‘n mens slegs by ‘n vlugtige eerste lees verlei om te dink - minder dig as in sy/haar gedugte voorganger, Belemmering.

"Die boek kry ‘n meesleurende, sensuele vaart deurdat dit gestruktureer is rondom ‘n byna hipnotiese herhaling van Karolina Ferreira se daaglikse bedrywighede op die Vrystaatse dorp Voorspoed (haar togte die veld in saam met Willie, die besoeke saans aan die snoekerkamer, die weeklikse besoeke aan die Saterdagaand-dans in die hotel) waartydens die inhoude van die onderbewussyn geleidelik vrygestel word en die spanning opbou tot ontploffingspunt.

"Die roman bedien hom van die konvensionele narratiewe struktuur wat gewoonlik die liefdesroman sowel as die ‘quest-roman’ kenmerk: op reis na Voorspoed waar sy navorsing oor die oorlewingsstrategieë van ‘n motsoort gaan doen, laai Karolina Ferreira die man Willie op wat met sy uitsonderlike vermoë om mense se fisieke en psigiese kwale te diagnoseer haar begeleier word.

"Langs die pad besoek sy ‘n fortuinverteller wat in haar handpalm ‘n man sien wat haar altyd sal liefhê sowel as ‘n goeie vriendin wat haar nooit in de steek sal laat nie. Tydens haar verblyf op Voorspoed vind Karolina dan inderdaad in Jess Jankowitz ‘n man wat sê dat hy haar liefhet (190) en in Adelia Farber ‘n vriendin wat sê dat sy haar nie in die steek sal laat nie (144). Haar oorgawe aan die liefde en die 'bitter intensiteit van verbygaande erotiese plesier' (147) beëindig ‘n tyd van selfopgelegde onthouding na ‘n vroeër 'tydperk van dwaasheid' (29) in Karolina se lewe. Tenslotte slaag sy daarin om haar navorsing af te handel en kan sy haar besoek aan Voorspoed afsluit met die woorde: 'Ek dink ek het gekry waarvoor ek hier gesoek het' (189).

"Feministiese literatuurwetenskaplikes Buite skakel het al gewys op die inherent manlike en patriargale aard van die narratief waarin die held tradisioneel op ‘n reis of soektog gaan onderweg na die doelwit van selfverwesenliking. Dit is interessant om te sien met watter gemak Lettie Viljoen hierdie sogenaamd manlike patroon (wat toevallig ook kenmerkend is vir die liefdesroman gewoonlik voortgebring deur vroulike skrywers) approprieer vir haar vroulike hoofkarakter. Sy slaag daarin om hierdie sogenaamd manlike struktuur oop te skryf sodat haar hoofkarakter Karolina dit met gemak as vrou kan inhabiteer. Sy is byvoorbeeld ewe tuis binne tradisioneel manlike ruimtes soos die snoekerkamer as in die arms van die Kolyn-kêrel wanneer hulle die sensuele tango dans (157).

"Vanweë die gevaar en onsekerheid wat die blootstelling aan begeerte bring, word die liefde in die roman meermale in verband gebring met ‘n kans- of dobbelspel. Aansluitend hierby funksioneer die snoekerkamer, die dansbaan en die droom as veelseggende ruimtes in die roman omdat dit juis hier is wat die onbewuste lae van die psige na die oppervlak kom. Die snoekerkamer met sy geel mure, groen tafeloppervlak, bokkoppe teen die mure en digte atmosfeer geskep deur whisky, rook en hitte is die ruimte waarin die 'Boere-psiges uitrafel' (33), waarin dinge geleidelik loskom 'van hulle donker moer' en die 'troebel inhoude boontoe swem' (107). Dit is onvermydelik dat daar ‘n uitbarsting sal wees: ‘n petrolbom deur die venster tydens ‘n konfrontasie tussen ‘n polisiekaptein en swart mense wat ‘n klag wil hê, veroorsaak ‘n ontploffing en brand wat die snoekerkamer in puin lê.

"Die politieke toestand in die land manifesteer hom in dié roman op onverwagte wyse: die politieke spanning het ‘n sterk erotiese snykant vir Karolina wat erken dat sy 'geen begrip van die geheel, of die samehang van al hierdie verskriklike en meedoënlose elemente het nie' (50). Sy is haar byvoorbeeld bewus van die erotiese aandag van die polisiemanne wat met geweld reageer in die township en karakters soos die magistraat en kaptein Gert Els figureer byvoorbeeld onverhoeds in haar erotiese drome en fantasieë. Die verknooptheid van die politiese en die erotiese manifesteer hom ook in die toneelstuk Die Jaloerse Eggenoot, opgevoer deur Jurie Beyers en Manie Delarey as dekmantel vir hulle politieke bedrywighede sowel as in Beyers se verhouding met die stadsklerk van die dorp se beeldskone vrou.

"Die politiek word ook in die roman verbind met ‘n wrede soort mistiek: die swart man wie se hele gesin deur ‘n moordbende uitgewis word, kom by sy huis uit asof hy wil sê: 'Ek het God self gesien! Ek het sy vreeslike plan gewaarword!' (50). Die mistiek word trouens deurgaans in die roman aangeroer deur karakters soos Jess wie se belangstelling in die Boeddhisme, Willie se byna bonatuurlike psigiese vermoëns sowel as Adelia wie se opmerkings oor die mistiek 'n leidraad is tot die mistieke metaforiek van die roman. Volgens haar maak mistieke taal gebruik van 'metafore van vuur en water, van brand, van smelt, van dors en van drink' (142) net soos wat dit gebeur in die taal van die roman (Karolina omskryf byvoorbeeld haar minnaar Jess in terme van vuur, vir Pol in terme van water).

"Deur die toekenning van ‘n sentrale rol aan die dans in hierdie roman sluit Lettie Viljoen aan by ‘n bekende tradisie in die wêreldliteratuur en ook in Afrikaans (dink maar aan die veelseggende danse in Etienne Leroux se romans en ook in ‘n onlangs voorbeeld soos Eben Venter se Foxtrot van die vleiseters).

"Selde in Afrikaans is daar egter al so 'begenadig' (25) gedans soos wat Karolina Ferreira dit doen: toegewyd dans sy elke Saterdagaand nadat sy opgewarm het in die hotel met ‘n Kolyn-kêrel, ‘n man met ‘n donker Voortrekkersbaard, ‘n kortbroek en ‘n paar enkelhoogte wit Amerikaanse tekkies van wie sy vermoed dat hy ‘n regeringsamptenaar of selfs ‘n polisie-informant is. Die dans is nie net metafories met betrekking tot die emosionele lewe in die roman nie ('Haar bewegings is deursypel van begeerte, van afwagting en vervulling' - 174), maar ook verteenwoordigend van ‘n byna mistieke ervaring waarin Karolina soms ‘n 'ander vlak van ervaring aansny' (58) en ‘n transformasie beleef waarin sy '’n lat word, ‘n tou, ’n wilg, ‘n slang, ‘n vlam, ‘n brandende fakkel, ‘n towenares' (175).

"Juis in hierdie mistieke tansformasies lê ‘n verruklike element van raaiselagtigheid wat jou altyd weer teruglok na hierdie fassinerende teks. Lettie Viljoen slaag, soos in Belemmering, daarin om die aandagtige leser te beloon met ‘n onthutsende, maar enorm betekenisvolle blootlegging van ‘n hele wêreld se 'ondergrondse psigiese bedrading (108).

Begin van bladsy

|Tuisblad|Oeuvre|Biografie|Publikasies|Projek|Kunswerke|Klaaglied|Erf|Belemmering|Karolina|Landskap|

 

Resensie

Gerrit
Olivier

Vrye Weekblad,
13 Januarie 1994

Begin van bladsy

Oorsig
Resensies
Onderhoud
Artikels
Verhandeling

Die begeerte na liefde

"Karolina Ferreira - plaas dié ongewone naam 'n mens nie al op jou hoede nie? - is 'n enigmatiese boek: nie so raaiselagtig soos Belemmering, waar elke poging tot betekenisgewing belemmer en gefrustreer word nie, maar 'n roman wat by die leser bly spook, en die kritikus tart met die vraag: in hoe verre behoort ek hier te dui en te interpreteer?

"Dit sou sekerlik moontlik wees om, veral met behulp van Jung Buite skakel of 'n woordeboek van simbole as sleutel vir die luies, iets soos 'n groeiproses of 'n sluitende interpretasie hier te vind. Dit, moet ek sê, skyn my nie die bedoeling te wees nie. Karolina Feirreira is 'n boek van sirkelbewegings en ruimtes wat hulle geheime nooit heeltemal prysgee nie, van karakters wat in en uit die gesigsveld beweeg, melankolie en verlangens en gruwelike drome.

"Binne hierdie opset is daar wel 'n paar vashouplekke. Die plot is dié van Karolina Ferreira, deskundige in motte, wat in die uitgestrekheid van die platteland navorsing gaan doen oor 'n seldsame spesie. Sy bring 'n paar maande deur in die dorp met die ironiese naam Voorspoed, waar sy op Saterdagaande al hoe uitbundiger en sensueler dans met die 'Kolyn-kêrel' (baard, stewige kuite, sportskoene opgeryg tot aan die enkels).

"Wat Karolina soek, is die een of ander uitkoms uit 'n dilemma en 'n traumatiese verlede wat deur die hele boek ongedefinieerd bly, maar te make het met die vermoë tot en die begeerte na liefde. Die gereelde dans - hoe genotlik is hierdie tonele nie! - en meer in die besonder die tango is die aktiwiteit wat haar tydelik vervoer na 'n ander wêreld. Dit verhoed haar egter nie om die mans in die snoekerkamer goed deur te kyk nie. Met een van hulle, die gloeiende een wat haar hele liggaam laat brand, knoop sy 'n langdurige verbintenis aan.

"'n Redelik eenvoudige struktuur - maar Lettie Viljoen se boek word gekenmerk deur ‘n merkwaardige intensiteit van tekstuur. Wat op die oog af, en veral in vergelyking met haar ander werk, na 'n entertainment lyk, is in werklikheid 'n gekwelde boek, gepak met tergende besonderhede.

"Ruimtelik is daar 'n duidelike organisasie merkbaar. Teenoor die daaglikse uitstappies in die oop veld, begelei deur die wyse en heldersiende gids Willie, staan die plek wat slegs oënskynlik verademing bied: die dorpshotel plus kroeg. Byna in die trant van Leroux - en helaas ook met die neiging tot blote opsomming wat Leroux se werk soms ontsier - maak Viljoen van hierdie ruimte 'n kookpot van die onbewuste.

"‘n Voorbeeld: 'Die wedersydse inwerking bereik nie dieselfde intensiteit as oor die naweek nie. Die troebel, onderwaterse sedimente word nie opgeroer nie. Die geleentheid vir die uitrafeling van psiges is nie so gunstig nie. Wat onder die oppervlak skuil, sal vanaand nie na bowe bars nie.' (64) Dit behoort bepaald nie tot Viljoen se beste prosa nie. Suggestie ontbreek, en so ook veelseggende besonderhede.

"Gelukkig is sulke passasies nie kenmerkend van die hele boek nie, inteendeel: 'n mens word telkens getref deur Viljoen se vermoë om detail brandskerp te registreer, om 'n soort meerwaarde aan die sintuiglike te gee. Hiervan sou 'n mens as voorbeelde kan noem die aanwesigheid van insekte, die oorweldigende hitte van 'n droë somer, die noukeurigheid waarmee vertel word van geneesmiddels.

"As die kroeg en snoekerkamer die plek is waar die moorddadig depressiewe mans saamdrom, dan is die oop veld die ruimte van die klein besonderheid en die plek waar middele tot genesing gevind kan word. Hierdie perspektief word ondersteun deur die oordadige muurpanele in die hotel, waar die taferele van veldslae teen die grootsheid van 'n natuurlike omgewing tot onbenulligheid verskrompel.

"Met dié historiese agtergrond, en die feit dat die berg Majuba in die nabye omgewing is, ontstaan 'n ironiese en satiriese blik op die ondergrondse magstryd in die dorp Dit is'n wêreld van nimmereindigende intrige en skielike uitbarstings van geweld. Saam met haar bondgenoot Willie word Karolina, wat ten slotte na Voorspoed gekom het om die oorlewing van die mot te bestudeer, 'n beskouer van hierdie magstryd.

"Want Karolina is 'n vrou tussen manne. Die ander vroue in die boek bly figurante, maar keer op keer tref 'n mens 'n skerp ontluisterende blik aan op die absurditeit en geilheid van die kroeggangers met hulle 'poes-piel-praatjies, droogtepraatjies, kakpraatjies' (67). Wat presies aan die gang is tussen die magistraat en Kielieman (penis bultend agter terylene) aan die een kant en die township-bewoners en ondergrawende toneelgeselskap aan die ander, bly in die boek raaiselagtig.

"Die rede hiervoor is dat terwyl Karolina as die begeerlike vrou figureer, haar belewenisse en haar perspektief deurgaans opgerig word as altrnatief vir die oppervlakkige magsintriges tussen die mans in die dorp. Die mans met wie sy wel 'n noue verbintenis aanknoop, is Willie, draer van die wysheid van die veld; Pol, reeds getransformeer tot waterdier ter wille van oorlewing; en Jess, die gloeiende, brandende minnaar wat as Boeddhis daagliks saamleef met die dood en leer om die drang tot besit af te lê.

"Hierdie alliansies is net so veelseggend as die eerste en laaste blik op die twee minnaars in die begraafplaas en die doodsdroom van die bruid. Seksuele begeerte en die dood is in hierdie boek intens met mekaar verstrengel. In die geval van die mans word dit selfvernietiging; in die geval van Karolina is daar sprake van oorlewing.

"Deur die somber gekwelde psige van Voorspoed reis Karolina dus, op die rug van haar eie tier. Haar grootste bondgenoot is die skilderes Adelia, die rondreisende wat glo aan die oppervlak en - simbolies? - die reën bring. Adelia flits deur hierdie boek soos 'n glansende komeet, en bevestig' 'n waarheid onderliggend aan die hele vertelling: dat daar in hierdie lanskap wel die een of ander vorm van psigologiese bevryding gevind kan word.

Begin van bladsy

|Tuisblad|Oeuvre|Biografie|Publikasies|Projek|Kunswerke|Klaaglied|Erf|Belemmering|Karolina|Landskap|

Resensies
(Opsommings)

Begin van bladsy

Oorsig
Resensies
Onderhoud
Artikels
Verhandeling

DR. CHRIS VAN DER MERWE, Karolina Ferreira, Afrikaans Stereo: Vrouefokus, Boekerubriek. 31 Augustus 1994.

Hierdie bespreking kom uit 'n radiorubriek en gee eerstens 'n kort samevatting van die inhoud van die boek. Dr. van der Merwe beskou die teks as deel van die opbloei van die Afrikaanse prosa, en ook as 'n teks met 'n hoopvolle einde. Hy kyk ook na die simboliese elemente in die verhaal. Die droogte wat gevolg word deur reën, die gekweldheid deur genesing en die eensaamheid deur die liefde is belangrike elemente wat hy uitlig. Verder gee hy ook aandag aan die religieuse belewenis in die boek. Hy verwys ook na die interessante skakel wat die teks het met Ettienne Leroux se roman 18-44 en wys dan ook dat Karolina Ferreira as’t ware "in gesprek" is met hierdie werk. Die een boek vul inderwaarheid die ander aan. Hy beskou Karolina Ferreira as 'n speurverhaal, spanningsverhaal en 'n verhaal wat die genesing van die individu en die samelewing verwoord.

CHRISTELL STANDER, Wellus en Stilte. Die Suid Afrikaan en Boeke, Bylaag tot Die Suid Afrikaan, Februarie/Maart 1994.

Eerstens verwys Stander na Lettie Viljoen se vorige boeke, Klaaglied vir Koos en Erf, en spesifiek na die seksuele elemente wat in die twee tekste te vinde is, en dan in besonder die feministiese aard van die tekste. Hierby sluit Karolina Ferreira dan duidelik aan. Die waarde van hierdie teks is volgens haar opgesluit in die wyse waarop manlike seksualiteit, vanuit ‘n vroulike perspektief, aan die bod kom. Sy wys hoe die Oedipale verhouding tussen pa en dogter na vore kom in die teks, en uiteindelik dat Karolina se vroulikheid die grootste struikelblok is wat haar verhoed om in haar pa se voetspore te volg. Die hele motief van vervreemding van die vrou van nie net haar familie nie, maar ook die groter historiese geheel, word ook aangeraak. Deur die insigte oor vroulike seksualiteit word daar kritiek gelewer op die beperkings wat daar aan vroue gestel word binne ‘n patriargale samelewing. Stander ervaar die slot as gedwonge en merk op dat juis deur die slot Viljoen van die mees radikaal feministiese elemente Buite skakel in haar oeuvre op struktuurvlak afstand gedoen het.

Oorsig
Resensies
Onderhoud
Artikels
Verhandeling

J.P. SMUTS, Karolina Ferreira hoogtepunt, Jongste Lettie Viljoen-roman. Die Volksblad Buite skakel, 2 Mei 1994.

Lettie Viljoen is volgens Smuts 'n skryfster wat "ingestel is op die eietydse sosiaal-politieke problematiek" en wat suksesvol rekenskap gee van die geskiedenis se rol in die vorming van die wêreld van vandag. Hy kyk onder andere na die struktuur van die verhaal, die patroon wat deur herhalings geskep word en die belang van die balladeske elemente en tydskrifeffekte wat gebruik word. Die einde lees hy as 'n apokaliptiese slot. Hy maak ook melding van die talle intertekste wat met die boek in verband gebring kan word. Laastens gee hy 'n kort kykie na die geografiese situering en die historiese agtergrond waarteen die gebeure geplaas word.

Begin van bladsy

|Tuisblad|Oeuvre|Biografie|Publikasies|Projek|Kunswerke|Klaaglied|Erf|Belemmering|Karolina|Landskap|

Onderhoud

Rachelle
Greeff

Lettie Viljoen en haar Motteboek Buite skakel

BYLAE BY NASIONALE KOERANTE Buite skakel
Woensdag 18 Mei 1994

Oorsig
Resensies
Artikels
Verhandeling

Begin van bladsy

"Een oor snoeker, een oor baldanse en een oor motte. Dié drie boeke het sy by die biblioteek gaan uitneem voor sy begin het met die skryf van Karolina Ferreira. Hierdie vierde en jongste publikasie van Ingrid Gouws, as skrywer beter bekend as Lettie Viloen, het ontstaan in haar nuwe tuiste, Durban. 'Waar die lug dik is,' verduidelik sy terwyl haar donker oë jou stip beskou, 'asof dit 'n ander medium is. Waar die vlerke van die insekte groot en gaudy is. Snags klap dit so.'

"Vanuit dié 'provinsie van oorvloed' het sy 'n boek gemaak oor, onder meer, motte in die Vrystaat. 'Waar daar in werklikheid heelwat minder opvallende spesies motte as in Natal is.'

"Toe sy drie jaar gelede in Durban stilhou, agter die vragmotor waarin byna haar volledige Stellenbosse wêreld gepak was (buiten al haar foto's van 'n leeftyd wat sy in die motor saamgery het met haar man en kinders), kon sy haar eers met niks identifiseer nie. 'Alles is so groen, so oordadig, so Engels.' En waaroor skryf 'n mens dan?

"Noodgedwonge het sy 'n ver, vorige landskap herroep. Een van agttien jaar se vakansies op 'n kleinerige Vrystaatse dorp. 'Hier was dit vir my baie lekker.' En sy het haar man en dogters gevat, teruggegaan na dié 'betekenisvolle landskap', foto's geneem en dié in Durban kom beskou.

"Só het die Vrystaatse dorp Voorspoed met sy kleurryke inwoners gestalte gekry. En in Karolina Ferreira teken sy dié plek met 'n hand wat oënskynlik moeiteloos uiteenlopende pennestrepe maak: die een oomblik delikaat, dan robuust, opeens absurd.

"Karolina het letterlik op twee vlakke ontstaan. Saans het sy bo, in die dubbelbed, langhand geskryf. En dit soggens in die buitevertrek onder die huis op die woordverwerker ingetik. Sy wys my, die buitetrap af langs die opgevulde swembad wat nou tuin is, dié vertrek met die lae plafon. Hier is onder meer oorblyfsels van haar eie biologie-sketse uit matriek: die spinnekop met die verwikkelde boeklonge; 'n sepia foto van haar grootouma en -oupa met die eerste ses van hul dertien kinders; fotostate van motte; verskillende houers met 'n verskeidenheid tekenapparaat; 'n kunstenaarskabinet met sewe lang, plat laaie; 'n pap mandjie met pap kinderspeelgoed.

"En voor die woordverwerker staan geen byderwetse rondtol- of fisioterapeuties korrekte postuurstoel nie, maar 'n gietyster-tuinstoel met 'n effe geroeste geskiedenis van vele sitvlakke en -plekke. Sy't dit soos 'n nes uitgepak met onder meer 'n enorme, pap en ietwat vuilerige mosterdkleurige kussing en, agter oor die leuning, 'n sagte, gehawende babakombersie in pienk en ligblou.

"'Dit ruik so muf,' maak sy verskoning. Maar ek kry snuf in die neus. Dis so lekker hier onder, ek't lus vir luidrugtige ruikgeluide. Dis 'n geil geurigheid dié, 'n sementspelonk tjokvol drome, voorspooksels en stories.

"Byna net so belangrik as dié skryfruimte was die geldelike ondersteuning van die Stigting vir Skeppende Kunste in die eerste helfte van verlede jaar. 'Om geld in die sweet van jou aangesig te moet verdien, is nie altyd bevorderlik vir die kreatiewe energie nie.'

"'En toe ek weer sien, is die boek klaar. So op die tuinstoel. So vinnig. Daar moet iets verkeerd wees. Soos jy dink met geboorte: jy móét kráám! Die kind is net welverdiend as jy ure lank, pynlik gekráám het.'

"Met haar vorige roman, Belemmering, was dit anders. 'Ek was een, aandagtige oor. Ek het heeltyd geluister, gekyk... en dan geskryf.'

"Wanneer sy skryf, praat sy met niemand oor die proses en die besonderhede nie. 'Al die energie moet in die skryf gaan, jy moet die probleme self uitworstel. Niemand lees 'n sin voordat dit klaar is nie.'

"'In die algemeen praat ek dan minder, en skryf minder briewe. Ek dink voor ek iets sê. Want dis dalk bruikbaar vir die boek. Dis enorm lekker. Jy's oop en terselfdertyd word jy soos 'n spons, want alles kan potensieel boek word.'

"Ingrid was 13 jaar lank lektor in skilder, teken en kunsgeskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch. 'Teken is meer terapeuties: dis 'n meer psigies integrerende aktiwiteit. In die sin van helend, genesend. Woorde is meer ondermynend, verdoeselend, sensurerend. Vir my het dit te veel met beheer te doen om werklik terapeuties te wees.'

"Sê die skrywer van ook Klaaglied vir Koos en Erf wat al gepubliseer het ook onder die name Ingrid Winterbach, Ingrid Scholtz en Greta Viljoen. Haar wye oë raak nóg wyer: 'Kyk, ek het al 'n paar foute gemaak. En dit was een. Hierdie skuilnaam. Maar nou is dit te laat.'

(Rachelle Greeff se kortverhaalbundel Onwaarskynlike Engele het by Tafelberg Buite skakelverskyn)

Begin van bladsy

|Tuisblad|Oeuvre|Biografie|Publikasies|Projek|Kunswerke|Klaaglied|Erf|Belemmering|Karolina|Landskap|

Beeld Buite skakel
25 April 1994

Begin van bladsy

Naaswenner, CNA-prys vir Afrikaanse Literatuur, Julie 1994.


Wenner van die Ou Mutualprys vir letterkunde.
Mei 1997

Lettie Viljoen wen M-Net se boekprys

LETTIE VILJOEN, alias die skryfster Ingrid Gouws, en Justin Cartwright is Saterdagaand in Durban as die wenners van vanjaar se M-Netboekprys vir onderskeidelik die beste Afrikaanse en Engelse roman aangewys.
Viljoen het die gesogte prys gewen met haar roman Karolina Ferreira en Cartwright is in die Engelse afdeling bekroon vir sy roman Masai Dreaming.
Albei het R50 000 ontvang.
Die prys vir die beste bydrae in ‘n inheemse taal is gedeel deur N.P. Maake vir Sejamonna Ha Se Mo Qete, S.A. Mamadi vir Mahlagahlaga A Mafulang en G.A. Malindzisa vir Sihonga.
Volgens ‘n woordvoerder van M-Net
Buite skakel sal ‘n tweede prys in die afdeling vir inheemse tale moontlik aanstaande jaar toegeken word.
Dit sal die prysgeld in dié kategorie tot R200 000 verhoog.
Mededingers in die Engelse kategorie was onder andere André P. Brink vir The first life of Adamastor, Margaret Poland vir Shades en Ivan Vladislavic vir The Folly.
Die finaliste in die Afrikaanse kategorie was onder andere André P. Brink se roman Inteendeel, Karel Schoeman se Hierdie Lewe, Eben Venter se Foxtrot van die vleiseters en Etienne van Heerden se Die stoetmeester.

Begin van bladsy

|Tuisblad|Oeuvre|Biografie|Publikasies|Projek|Kunswerke|Klaaglied|Erf|Belemmering|Karolina|Landskap|

Verhandeling

Tanya
Viviers

M.A. tesis,
Maart 1996

Oorsig
Resensies
Onderhoud
Artikel

Begin van bladsy

PROSESSE VAN TRANSFORMASIE IN LETTIE VILJOEN SE ROMAN KAROLlNA FERREIRA (1993)

Tesis voorgelê ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad Magister Artium in die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte aan die Universiteit van Stellenbosch

STUDIELEIER: DR. P.A. DU TOIT

OPSOMMING

Die uitgangspunt van hierdie studie is 'n poëtikale uitspraak van die skrywer: "Die sug na vernuwing is die sug na transformasie. Die sug na transformasie is die verlange wat mens en wurm gemeen het." (Viljoen 1994:497).

Die begrip transformasie word in dié studie op 'n bepaalde wyse geïnterpreteer, soos in die eerste hoofstuk uiteengesit. Transformasie is in wese 'n (gedaante-) verandering. Dit is op menslike vlak die uiterlike manifestasie van 'n geestelike hergeboorte wat tot lewensvernuwing lei.

Die transformasie word tot 'n kulminasiepunt gevoer in die sentrale karakter van die roman. Karolina Ferreira is 'n entomoloog wat na die dorp Voorspoed in die Vrystaat reis om navorsing te doen oor die motspesie Hebdomophruda crenilinea. Die vernuwende veranderings in haar omvorm haar tot "uitverkore" anti- patriargale heldin, "begenadigde" mistieke danseres, motvrou-entomoloog en droomgeteisterde reisiger "in transit." Die ruimtes waarin die romangebeure plaasvind, vertoon self tekens van transformasie. Die Vrystaatse dorpie met sy dorpshotel is aan politieke veranderinge onderhewig.

Karolina se verblyf in Voorspoed word "'n transformasieproses waarin die self haar groter Self soek." (Gouws 1993: 10). Sy word tydens die proses bygestaan deur vier begeleiers, wat self ook tekens van transformasie vertoon. Willie September is vir Karolina 'n leermeester op die gebied van die menslike psige. Pol Habermaut hou Karolina ingelig oor sosio-politieke gebeure. Sy knoop 'n liefdesverhouding aan met die Boeddhis Jess Jankowitz en raak bevriend met die Spaans/Suid-Afrikaanse skilderes Adelia Farber. Hierdie karakters het in hul onderskeie gebiede 'n transformerende werking op Karolina, en bly self nie onaangeraak deur die proses nie.

Die studie sal probeer aantoon dat die enkele geselekteerde karakters, in samehang met die ruimtes waardeur hulle beweeg, transformasie gemeen het.

Tanya
Viviers

M.A. thesis,
Maart 1996

Begin van bladsy

Oorsig
Resensies
Onderhoud
Artikels

SUMMARY

In this thesis the processes of transformation in Karolina Ferreira (1993) by Lettie Viljoen, are researched. The approach of this study is based on a poetical view of the author: "Die sug na vernuwing is die sug na transformasie. Die sug na transformasie is die verlange wat mens en wurm gemeen het." (Viljoen 1994:497): ("The desire for renewal is a desire for transformation. The desire for transformafion is a longing which man and worm have in common." (My translation - TV)).

The concept of transformation is interpreted in a specific manner, as given in the first chapter. Transformation is essentially a metamorphosis. This is on a human level an outward manifestation of a spiritual rebirth which leads to renewal.

This transformation culminates in the central figure of the novel. Karolina Ferreira is an entomologist who travels to the village Voorspoed in the Orange Free State to research the moth species, Hebdomophruda crenilinea. The changes in her transform her into a "chosen" anti-patriarchal heroine, a "graced" mystical dancer, a moth-woman entomologist and a dream-afflicted traveler in transit. Signs of transformation are evident in the Free State milieu with its village hotel which becomes subject to political changes.

Karolina's stay in Voorspoed grows into "'n transformasieproses waarin die self haar groter Self soek." (Gouws 1993:10): (a transformation process wherein her self seeks for her greater Self (my translation - TV)). During this process she is assisted by four companions, who also show signs of transformation. Willie September is Karolina's guide in the realm of the human psyche. Pol Habermaut keeps Karolina informed about socio-political events. A relationship develops between Karolina and a Buddhist, Jess Jankowitz. She also befriends Adelia Farber, a Spanish/South African painter. Within their different domains, all these characters have a transformative influence on Karolina, while they also become influenced by this process.

This study will attempt to show that these single selected characters, as well as the "spaces" wherein they move, have as a common denominator, transformation.

Begin van bladsy

|Tuisblad|Oeuvre|Biografie|Publikasies|Projek|Kunswerke|Klaaglied|Erf|Belemmering|Karolina|Landskap|

Artikel

Louise
Viljoen

Stilet,
7(2) Sept 1995


Begin van bladsy

Oorsig
Resensies
Onderhoud
Verhandeling

Disrupsie en appropriasie in Lettie Viljoen se
Karolina Ferreira

Opsomming

Hierdie artikel bevat 'n bespreking van die tradisionele narratiewe konvensie wat in Karolina Ferreira aangetref word. Dit word bespreek na aanleiding van die aanduiding van die feministiese aard van hierdie roman deur Christel Stander, en ook Lettie Viljoen se aanmerking dat sy teen die patriargale konvensies probeer inskryf (Die Burger Buite skakel, 5 Mei 1994). Daar word inleidend gekyk na die soektognarratief en populêre liefdesverhaal wat sterk met die konvensies van die patriargie geassosieer word. Hierdie aspekte kom ook beide in die roman self voor en word ondesoek om die mate van disrupsie en appropriasie van die konvensies aan te toon. In hierdie verband word daar ook gekyk na die temporeel-kousale verloop van die roman , die posisie van die held in die storie, die belang van ruimtes, die vertelstyl en -outoriteit en die narratiewe sluiting van die teks.

Begin van bladsy

Artikel

Heilna
du Plooy

Stilet,
7(2) Sept 1995

Begin van bladsy

Oorsig
Resensies
Onderhoud
Verhandeling

Die mitologiserende slot van die roman.

Opsomming

In hierdie artikel word die slot van die roman ondersoek as 'n aspek van die signifikasie van ‘n teks wat ‘n besondere funksie vervul in die kommunikasie tussen teks en leser. Du Plooy bespreek ook die slot van Karolina Ferreira. Sy ervaar die slot as uiters treffend, gekompliseerd en tog ook absoluut eenvoudig. Sy kyk na die simboliek wat daar in die brand na vore kom waarmee die verhaal eindig, en ook na die vier ander motiewe wat regdeur die roman ‘n patroon vorm, naamlik die dans met Kolyn, die skildery waarvan Adelia skryf, Jess, en dan ook die minnaars wat sy in die begraafplaas sien. Wat vir Du Plooy baie duidelik blyk uit die deurlopende patroon van die roman, is die gedagte dat ‘n mens deur situasies kan beweeg, dat deur die ontginning van geestelike vermoëns daar altyd weer innerlike reserwes ontwikkel en ontgin kan word om krisisse te deurstaan of te hanteer.

Oorspronklike studie deur Maria Sybilla Merian Buite skakel waarop voorbladtekening deur Ingrid Gouws gebaseer is

Begin van bladsy

|Tuisblad|Oeuvre|Biografie|Publikasies|Projek|Kunswerke|Klaaglied|Erf|Belemmering|Karolina|Landskap|

Data navorsing en samestelling deur:
Nelia Oets
Baukje Stam
Janine Joubert

Bladsy- en grafiese ontwerp:
MedImage
agapeicon.jpg (3938 bytes)