..

Doop van Christus na Piero del la Francesca, 1992.
Ingrid Winterbach
kunswerke

Ingrid

Ingrid Gerda Gouws (née Winterbach)
nom de plume: Lettie Viljoen

| Akademies | Loopbaan | Erkennings | Bloomsbury Guide | Aktiwiteite | Kunswerke |

Gebore in Johannesburg Buite skakel, 1948

Akademiese agtergrond

  • Hoofmeisie, Floridase Hoërskool, waar sy in 1965 matrikuleer.

  • Universiteit van die Witwatersrand Buite skakel B.A. Honneurs Afrikaans & Nederlands (cum laude), 1970.

  • Universiteit van die Witwatersrand BA Skone Kunste (cum laude), 1969 Henry Lidchi-prys vir sketse, Universiteit van die Witwatersrand, 1967. Anya Millman-toekenning vir die beste derdejaar kunsstudent, 1968. Prys vir beste student in Afrikaans & Nederlands, 1966, 1967 en 1968.

  • Universiteit van Stellenbosch Buite skakelMeestersgraad in Afrikaans en Nederlands Buite skakel(cum laude), 1974. Titel: Analise van enkele struktuuraspekte van Om te vlieg . Studieleier: Prof. D.J. Opperman

Begin van bladsy

|Tuisblad|Oeuvre|Biografie|Publikasies|Projek|Kunswerke|Klaaglied|Erf|Belemmering|Karolina|Landskap|

Loopbaan

  • 1970-71: Assistent, Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit van die Witwatersrand.

  • 1972: Afrikaans onderwyser, sekondêre skole: Louis Trichardt en Johannesburg.

  • 1974-75: Algemene verslaggewer, Die Burger Buite skakel, Kaapstad.

  • 1975-76: Lid van die redaksie, Ensiklopedie van die wêreld, Albertyn Uitgewers, Stellenbosch.

  • 1977-90: Lektrise (later: deeltydse lektrise), Departement Beeldende Kunste Buite skakel, Universiteit van Stellenbosch (Skilderkuns; Kunsgeskiedenis - eerste-, tweede- & derdejaar studente).

  • 1991: Afrikaans 1, weeklikse besprekingsklasse, Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Natal Buite skakel (Durban).

  • April 1992: Los af by die Departement Afrikaans, Universiteit van Durban-Westville Buite skakel.

  • September 1993 - Augustus 1994: Afrikaans onderwyseres, Durban Girls' High School.

  • Julie 1995 - Augustus 1996: Besoek aan Nederland.

  • September - Desember 1996: Besoekende skrywer aan die California Institute of the Arts Buite skakel, Los Angeles, VSA, waar sy onderrig gee in "Creative Writing" by die School of Critical Studies.

  • Januarie 1997 -: Lekrise in die Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Natal Buite skakel, (Durban).

Begin van bladsy

|Tuisblad|Oeuvre|Biografie|Publikasies|Projek|Kunswerke|Klaaglied|Erf|Belemmering|Karolina|Landskap|

Erkennings

  • Klaaglied vir Koos op die kortlys vir die Louis Luyt-prys, 1986.
  • Erf op die kortlys vir die Rapport-prys, 1993.
  • Karolina Ferreira behaal die M-Net-prys (Afrikaanse afdeling), Mei 1994.
  • Karolina Ferreira, naaswenner , CNA-prys vir Afrikaanse literatuur, Julie 1994.
  • Onderhoude in Rapport, De Kat, Beeld, Radio Suid-Afrika en die Vlaamse radio (1994).
  • Karolina Ferreira op die kortlys vir die Ou Mutual-prys, Mei 1997.

Begin van bladsy

|Tuisblad|Oeuvre|Biografie|Publikasies|Projek|Kunswerke|Klaaglied|Erf|Belemmering|Karolina|Landskap|


Bloomsbury Guide to Women’s Literature

In die Bloomsbury Guide to Women’s Literature Buite skakel ( bl.188 - 200) kyk Dorothy Driver na die literatuur van vroue in Suider-Afrika. Sy deel haar bespreking in verskillende eras in: die orale tradisie in pre-koloniale Suider-Afrika; literatuur van vroue tydens die koloniale fases in die verskillende gebiede van Suider-Afrika; tekste deur swart vroue in die vroeë twintigste eeu en gedurende die tydperk 1953 -1990; en die tekste van blanke vroue vanaf 1910 -1948 en vanaf 1948 -1990. In laasgenoemde afdeling gee sy aandag aan die werke van Afrikaanse vroueskrywers soos Wilma Stockenström, Elsa Joubert, Elisabeth Eybers, Ingrid Jonker, Sheila Coussons, Dalene Matthee, Henriette Grové, Antjie Krog, Anna. M. Louw en Lettie Viljoen:

"Contemporary writing by Afrikaans women is important for the way it interrogates patriarchy as well as the Calvinist cultural tradition whereby Afrikaners are placed as God’s ‘chosen people’, a myth which has had disastrous consequences in South African history. Particularly crucial in this regard is Louw’s writng, across different generic categories, Viljoen's fiction, and poetry by Jonker, Stockenström and Krog" (195).

Sy verwys ook na die uitwerking van die toenemende politieke onderdrukking gedurende die 1980s op jonger skrywers: "Like some of the better-established writers, English and Afrikaans - Gordimer, Krog, Viljoen, and others - they consciously, even agressively, turn to a new Southern African order." (196).

Begin van bladsy

|Tuisblad|Oeuvre|Biografie|Publikasies|Projek|Kunswerke|Klaaglied|Erf|Belemmering|Karolina|Landskap|

Aktiwiteite

  • Deelname aan die Victoria Waterval-konferensie tussen Suid-Afrikaanse skrywers en die ANC Buite skakel, Julie 1989.

  • Paneellid, Weekly Mail Book Week, Kaapstad, 1986 & 1992.

  • Deelname aan groepsuitstallings (skilderye en sketse), Stellenbosch, 1978, Kaapstad, 1981 en Stellenbosch, 1982.

  • Stigterslid, interrassige vrouegroep, Stellenbosch, 1981.

  • Stigterslid, Stellenbosch Feministiese Besprekingsgroep, 1989-1990.

  • Lid van Prof. Johan Degenaar se interdissiplinêre besprekingsgroep oor literatuur, 1984 - 1990.

  • Bywoning van Honneurskursus in Psigo-analise, Departement Politieke Filosofie, Stellenbosch, 1987.

  • Bywoning van 'n kursus in die skryf van radiodramas, op uitnodiging van die SAUK, Klein Kariba, 1992.

  • Panneellid, Winterforum (oor Afrikaans), Universiteit van die Witwatersrand, Julie 1993.

  • Panneellid, ALV-kongres, Port Elizabeth, September 1994.

  • Paneellid, Leeskring-seminaar, Welkom, Oktober 1994.

  • Uitgenooi om as lektor op te tree by die Skool vir Kreatiewe Skryfwerk, Universiteit van Potchefstroom, Maart 1995.

Begin van bladsy

|Tuisblad|Oeuvre|Biografie|Publikasies|Projek|Kunswerke|Klaaglied|Erf|Belemmering|Karolina|Landskap|

Data navorsing en samestelling deur:
Nelia Oets
Baukje Stam
Janine Joubert

Bladsy- en grafiese ontwerp:
MedImage
agapeicon.jpg (3938 bytes)