Belemmering
Deur Lettie Viljoen
Uitgewer: Taurus
Buite skakel 1993

Oorsig
Akademiese artikels
Resensies

 

|Tuisblad|Oeuvre|Biografie|Publikasies|Projek|Kunswerke|Klaaglied|Erf|Belemmering|Karolina|Landskap|

 

Oorsig

Begin van bladsy

Artikels
Resensies

Belemmering is Lettie Viljoen se eerste groot prosawerk. Die verhaal bestaan uit drie narratiewe lyne wat afwisselend aangebied word. Aan die een kant is daar die verhaal van ‘n groep mans op ‘n geheimsinnige sending iewers in die berge. Terwyl hulle wag op instruksies van hulle leier Geelgert, bestudeer hulle kaarte, bespied die omgewing, bespreek verskillende strategieë (o.a. dié van Generaal De Wet Buite skakel) en raak betrokke in gesprekke oor filosofie, geskiedenis en kuns. Wanneer hulle geen opdrag ontvang en Geelgert boonop verdrink, keer hulle terug na die samelewing waar ‘n burgeroorlog of onluste al geruime tyd aan die gang is. Teenoor hierdie storielyn is daar die verhaal van Hannah, ‘n paleontoloog wat uit die Noorde kom en haar aan die Kaap vestig. Deur middel van terugflitse word ‘n kuier by familie opgeroep waartydens herinneringe aan die Boere-oorlog Buite skakel, die Ossewa Brandwag en die geskiedenis van die familie herroep word. Beide hierdie narratiewe lyne word gekenmerk deur die onvermoë van die karakters om die situasies waarin hulle hul bevind te beheer. Laastens is daar die narratiewe lyn van Generaal C wat op ‘n surrealistiese wyse tussen die ander twee heenvleg.

Voorgeskryf aan die Universiteit van Natal (Durban) 1997

|Tuisblad|Oeuvre|Biografie|Publikasies|Projek|Kunswerke|Klaaglied|Erf|Belemmering|Karolina|Landskap|

 

Artikels

Begin van bladsy

Oorsig
Resensies

Artikel deur Louise Viljoen
'Die roman as polifonie: diskursiewe verskeidenheid in Lettie Viljoen se Belemmering', Journal of Literary Studies, 9 (3/4), December 1993, pp. 313-325

Artikel deur Louise Viljoen
'Re-presenting History: Reflections on Two Recent Afrikaans Novels' Current Writing 5 (1), April 1993, pp. 1-24. (Belemmering is een van die twee romans wat bespreek word)

Referaat gelewer deur Louise Viljoen
Belemmering: 'Die roman as poliglot', Louise Viljoen (Dept. Afr-Ndl., U.S.) by ALV Kongres, Oktober 1992

|Tuisblad|Oeuvre|Biografie|Publikasies|Projek|Kunswerke|Klaaglied|Erf|Belemmering|Karolina|Landskap|

Resensies

Begin van bladsy

Oorsig
Artikels

GUNTHER PAKENDORF, Belemmering, maar dis ‘n leeservaring. Die Burger, 14 Mei 1991. (Volledig aangehaal)
EDUAN SWANEPOEL,Viljoen skiet ons literêre lanskap oop (maar nie vir Boere-Calviniste nie). Vrye Weekblad, 25 April 1991.(Volledig aangehaal)
CHARLES MALAN, Neef Chrisjan wat so lag. De Kat, 31 Julie 1991.
ETIENNE BRITZ, Wagtende op Geelgert. Rapport, 17 Maart 1991.

ANDRÉ LE ROUX, Berg-op wag die leser, en wag en wag. Insig, April 1991.
JO NEL, Dié roman kan lesers beloon. Beeld, 20 Mei 1991.

Begin van bladsy

|Tuisblad|Oeuvre|Biografie|Publikasies|Projek|Kunswerke|Klaaglied|Erf|Belemmering|Karolina|Landskap|

Gunther
Pakendorf

Die Burger Buite skakel,
14 Mei 1991

Oorsig
Artikels
Resensies

Begin van bladsy

Belemmering, maar dis ‘n leeservaring

"LETTIE VILJOEN herinner ‘n mens ‘n bietjie aan John Miles: ‘n intelligente en onafhankelike skrywer wat haar eie ding doen en ietwat eenkant staan van die literêre establishment en sy organe. Sy het in die middel-tagtigerjare stillerig op die literêre toneel verskyn met twee treffende korter tekste, Erf en Klaaglied vir Koos. Met Belemmering het sy nou getoon dat daar voortaan met haar as een van die belangrikste jonger Afrikaanse skrywers gereken moet word.

"Belemmering is ‘n roman wat ‘n mens in navolging van Roman Jakobson ‘n metaforiese teks kan noem. Vir hierdie teks-tipe is die chronologiese afloop van die verhaal en die logiese verbinding daarvan tot ‘n sinvolle geheel nie die bepalende element nie. Die betekenis ontstaan eerder uit die paradigmatiese, of simboliese, waarde van elk segment van die teks.

"Hierdie benadering is die grondslag van wat as postmodernisme Buite skakel bekend geword het, hoewel die postmodernistiese teks enige dieper betekenis waartoe die elemente op die paradigmatiese as herlei kan word, wil ontken.

"Viljoen se teks bestaan uit 105 genommerde afdelings wat op die oog af nie ‘n geheel wil vorm nie, omtrent soos die omslag wat uit ‘n collage van disparate elemente bestaan. (Interessant genoeg bevat die omslag, naas onder meer ‘n foto van generaal De Wet en ‘n tekening van Goya, ook die afbeelding van 'n stuk mandjie of ‘n soortgelyke gevleg - ’n verwysing na die betekenis van die woord 'teks', naamlik weefwerk.)

"Die basiese situasie is soos volg: Die hooffiguur Deneysen neem saam met ‘n groep jong manne skuiling in ‘n hut op ‘n beskutte plek diep in die berge. Dit is klaarblykelik ‘n soort militêre basis, waar hulle hul vir ‘n langer verblyf inrig en op een of ander aksie voorberei. Hulle bestudeer kaarte, bespied die gebied, stuur patrollies uit en wag vir instruksies van ene Geelgert met wie hulle af en toe kontak maak.

"Só bring hulle dae en maande deur, en keer dan ten einde laaste onverrigter sake terug na die wêreld daar onder waar onluste of ‘n burgeroorlog al ‘n hele ruk lank woed. Hierbo in die berge het hulle die groei en afneem van die maan, die kom en gaan van die seisoene, die diere- en plantelewe intensief meegemaak en lange gesprekke oor ‘n verskeidenheid onderwerpe uit die geskiedenis en die kuns gevoer.

"Tussendeur loop daar ook die verhaal van Hannah, die jong vrou wat uit die Noorde kom en nou in die Kaap as paleontoloog werk. Dit is Hannah en haar oom en tante en dié se kleinkind, Mirandah, in gesprekke en herinneringe waarin die Boere-oorlog, die Ossewa Brandwag of besoeke aan die Bosveld opgeroep word. In teenstelling met die belewenisse van die manne bo in die berge, is dit by uitnemendheid ‘n wêreld van vroue, waar die persoonlike, intieme en innerlike voorop staan. Maar nêrens word aangetoon dat ‘n verband bestaan tussen die lewe van Hannah en dié van Deneysen en sy makkers nie.

"Die verhaalgegewe is kennelik maar een van die determinante - en dan ‘n ondergeskikte een - van hierdie teks wat deur ‘n magdom ander tekste saamgestel is, en só ‘n beeld van die wêreld as teks gee: ‘n warboel van stukkies en brokkies wat nou net nie ‘n eenheid wil vorm nie. Die leser bevind homself in ‘n posisie wat vergelykbaar is met dié van die manne bo in die berge: gemotiveer deur die wil om die sigbare wêreld te verower, bespied en verken hulle die hele omgewing.

"Tog is dit grootliks ‘n illusie, want hulle sit daarbo vasgekeer en moet met ‘n teenstander, die geheimsinnige Dykstra, rekening hou. Hulle speel ‘n kat en muis speletjie met hom; sy beweginbs is vir hulle oënskynlik net so ondeursigtig soos die samehangende verband van Viljoen se teks vir die leser.

"Daarom is die alewige bestudeer van kaarte, die soeke na die roetes en vasstelling van grense ‘n metafoor vir die ontsyfering van die teks, as eksegese wat die leser uit sy teks uit moet lei en dit so vir hom moet uitlê.

"'Dit was darem ‘n eienaardige koppeling, maneuver van Dykstra-hulle daar', sê Ben....

"'Maar hulle is geslepe!' sê Spaans, 'hulle het duidelik ‘n doel gehad daarmee. Dit is ons taak om daarágter te kom! Ons moet hulle voorspring! Ons moet hulle uitoorlê! Hulle moenie toegelaat word om weer so te beweeg nie!'

"Die teks is dus gedurig iets onvoltooids, ‘n leemte, soos die gebrek wat Taloes in homself bespeur, '’n groot seer' in sy lewe, en hy wonder of hy dit ooit sal kan heel maak, 'of daardie leemte ooit gevul sal word. Of liewer, of ek in staat is tot die vul van daardie leemte. En ek kan nie vasstel waar die belemmering presies lê nie.'

"Die leser moet dus ook kartografies te werk gaan, rigtings en verbande en strategieë soek, die spasies en ruimtes van die teks, die natuurlike grense in die klowe en valeie of in die Bosveld - net soos die ruimte om elke figuur - peil en vaslê.

"Want die tyd-ruimtelike koördinate wat tot in die laaste dae van Konstantinopel, of in Hannah se geval, tot in die prehistoriese tye, terugverwys, en die Boere-oorlog, die 1914-Rebellie en kunswerke en romans insluit, het gedurig betrekking op die konstituering van die teks as teks en die vrye of voorafbestemde weg van die mens binne dié fiksionele wêreld. In die woorde van Spaans: 'As jy goed luister, dan breek dit hier deur al die begrensinge soos ons dit bepaal het. Breek dit trouens deur al die begrensinge wat ons tot dusver gemaak het; dit ruk ons veronderstellinge tot aan die fondament!'

"Belemmering stel weliswaar hoë vereistes aan die leser, maar die ryk verwysingsveld, die suiwer, dikwels poëtiese taalgebruik en die intelligente strukturering, die weiering om toegewings aan populêre modes, hetsy van ‘n politieke of ‘n literêre aard, te maak, maak dit ‘n lonende leeservaring.

"En van Lettie Viljoen kan daar van nou af groot dinge verwag word.

Begin van bladsy

|Tuisblad|Oeuvre|Biografie|Publikasies|Projek|Kunswerke|Klaaglied|Erf|Belemmering|Karolina|Landskap|

Eduan Swanepoel

Vrye Weekblad,
25 April 1991

Oorsig
Artikel
Resensies

Begin van bladsy

Viljoen skiet ons literêre lanskap oop (maar nie vir Boere-Calviniste nie)

"Daar is prosatekste wat ‘n moeisame leesproses verg, tekste waarin die leser telkens ‘n bepaalde remming of weerstand ondervind: Hermans se Nooit meer slapen, Miles se Blaaskans, Schoeman se ‘n Ander land. Om verskillende redes is al dié tekste besondere prosawerke: dié tipe vertellings waarna ‘n mens deur jare steeds bly terugkeer, steeds oor wonder. Vir die lesers van Afrikaanse tekste wat die laatste jare deels 'gekondisioneer' is deur die lees van talle strakker, korter vertellings waarin die betekenisaanbod oper staan, kan die lees van langer tekste met die genoemde lesersweerstand vermoeiend raak. En sodoende kan persoonlike lesersvoorkeure waarde-oordele skeeftrek.

"Die mense sê, so hoor en lees ek, dat Lettie Viljoen se nuutste prosawerk, Belemmering, ‘n lang uitgerekte en vervelige boek is wat moeisaam lees en uiteindelik te veel opoffering van die leser verg. Te veel gepraat, te min aksie. Die mense sê dalk meer oor hul eie lesergemaksugtigheid as oor Lettie Viljoen se teks.

"Belemmering is ‘n lang vertelling wat stadig lees, wat my as leser telkens in my leesproses tot stilstand gedwing het, wat intense aandag opeis, wat dodelike intellektuele ingesteldheid vra en wat die bevrediging wat ‘n goeie leeservaring uiteindelik bied, maksimaal terughou.

"Maar Belemmering is myns insiens ‘n briljante boek.

"Twee sentrale verhaallyne vleg deur die teks. Enersyds word die verhaal vertel van Hannah se verblyf in die Wes-Kaap, haar besoeke aan familie in die Bosveld, asook haar verhouding met Oom en Tante, hul kleinkind en later ‘n paar byna terloopse randkarakters. Andersyds is daar die verhaal van ’n groep mans êrens in ‘n berg op ‘n (vermoedelik) militêre sending, aangebied vanuit die fokus van ‘n lid van dié groep, Deneysen. (Is daar in die verhaallyn dalk ‘ n onfunksionele diskrepansie plek-plek tussen die optrede van die verteller en die primêre fokalisator? Dit en net dít pla my in die teks.) ‘n Vertelling in die realistiese of neo-realistiese verteltradisie bied Belemmering egter nie. Vir my lê die sleutel tot die betekenis van dié teks in die sentrale aksie waarmee die groep mans hulle besig hou: kaartwerk. Wat insluit: die 'lees' van die omringende ruimte vanuit gegewens op die kaarte, die opgradering van die kaarte vanuit gegewens wat in die bergruimte waargeneem word en uiteindelik die beplanning en herbeplanning ad infinitum van strategieë uit die wisselwerking tussen kaart- en landskapsinligting.

"Dié proses bepaal myns insiens alle ander betekenisontginnings vir die leser, veral leesstrategie. Want die leser sit ook met die landskap van ‘n teks voor hom/haar. En dié landskap dwing die voortdurende opgradering van die 'leserskaart' (om De Saussure aan te pas: die narratologiese parole), die proses van herbepaling en herbeplanning van die leesstrategie. Dus: die leesaksie verken in dié teks die epistemologie van lees.

"Belemmering is een van daardie rare tekste waaruit die titel reeds ‘n aanduiding is van die inherente, struktureel gemotiveerde lesersrol. In ‘n teks waar dit gaan oor die mens se soeke, verlangens, ontdekkings, ontginnings, kortom: om die moeisame (belemmerde) proses van tot kennis, insig, begrip kom, neem die leesproses ‘n parallelle rol aan: leser en karakter vorder stadig, dikwels verward, soms van koers af met nêrens ‘n duidelike of maklike blik op ‘n groter geheel of op ‘n herkenbare baken nie (vergelyk in dié verband byvoorbeeld die veelkantige ongesentreerde waarnemings van die groep mans in die berg). Dié parallellisme loop saam met die dualiteitsopset in die teks: man naas vrou (nie onbekend by Viljoen nie, maar hier breër in opset: ná die kort aanvangspassasie waar man en vrou mekaar intiem, byna grafies, verken, breek die teks in twee opposisies sonder om ooit ineen te vloei), intern naas ekstern, hede naas verlede, tipografiese presens naas abstrakte afstand, die statiese teenoor die dinamiese, introvert naas ekstrovert, kultuur-histories naas natuur-histories, ens. Die een in terme van die ander, die een ingevul deur besonderhede van die ander, die een afleesbaar uit die ander. En alles as deel van ‘n eindeloos dinamiese signifikasieproses van dimensies.

"In plaas daarvan om te verklaar, versper/belemmer die tekenflitsproses vir karakter en leser dit wat almal so graag wil vasvat: die sinrykheid, die planmatigheid, die 'groter doel' van alles.

"Talle gesprekke in dié teks (en dis so ‘n lekker geselsboek vol anekdotes, grappe, volkslegendes, noem maar op) stel die geskiedenis, buitelands maar veral binnelands, voorop. Hannah sit ure lank vir Oom en Tante en uitvra oor die volksgeskiedenis, die familiegeskiedenis en individue se geskiedenisse. En hoe meer 'leemtes ingevul word, hoe minder kan sy die toekoms bou op die goeie wat uit die verlede gehaal is (so ‘n onvolkse volksboek!). Geen enkele nuwe (militêre) strategie ontwikkel uit die groot gros historiese strategieë wat bespreek of vertel word nie.

"Elke situasie het sy eie beletsels, sy eie belemmeringe. Hoewel die groep mans die terrein in terme van geomorfologiese ontstaansprosesse kan 'lees', kan hulle steeds nie oor die fisieke versperrings wat deur die genoemde proses veroorsaak is, kom nie. Dit is asof die kennis van ontstaansgeskiedenisse, die benoeming van oorspronge en wordingsprosesse, die mens se bestaan belemmer.

"Maar die grootste belemmering in dié teks is dalk daardie leemtes en leegtes wat nie (in-)gevul kan word nie. Daardie landskappe en karakters wat 'onleesbaar' bly. Daardie onverklaarbare stiltes wat keer dat die twee storielyne op enige punt die dualiteit in die teks oplos.

"En wat uiteindelik net deur die artistieke artefak en die estetiek (die teks, hierdie teks) benoem en getranskribeer kan word. Want dit gaan in dié boek, wat ook gevul word met gesprekke oor die beeldende kunste, die filosofie, die literatuur, en so meer, dalk uiteindelik oor die belemmering van die skeppende proses: die afwesige betekenaar in die teken: ‘n kreatiewe erkenning van die epistemologie van artistieke skepping.

"Daar is soveel belangrike aspekte in Belemmering waarby in dié resensie nie stilgestaan kan word nie: naamgewing, variërende, herhalende blokkaraterisering, Freudiaans Buite skakel en Post-Freudiaans interpreteerbare verhoudings, die belangrike rol wat Polla se aksie (ná die verbranding van sy dagboeke) binne die groter teksgeheel speel, die funksie van die dele oor Generaal C wat die twee vervlegte storielyne verdere dimensie (en afstand?) gee, die baie belangrike openingsfragment in die teks, die groter ritmes van seisoene en metamorfoses waardeur siklies gevarieerde herhalingspatrone (want dit is ook ‘n boek oor herhalings) geïntensiveer word, ens.....

"Dit is ‘n lang pad wat lesers in Belemmering saam met ‘n klomp karakters moet loop. Uitmergelende aansprake word op die leser gemaak. Om uiteindelik op ‘n punt te kom waar niks opgelos of afgehandel is nie, waar geen konklusies getrek kan word nie, en waar die leser sy kaart nie sonder meer durf toerol nie. Want die kaart van die Afrikaanse prosa moet ná die verskyning van dié seminale teks opgegradeer word. Lettie Viljoen het waaragtig die kontoere van die literêre landskap oopgeskiet: so eindeloos het die teken en be-teken betekenis nog nooit voorheen in ons prosa ontwyk nie: so eindeloos moes lesers hul leesstrategie nog selde, indien ooit, bevraagteken.

"Lesers vir wie die wêreld nog wonderlik heel en vol betekenis is en wat nie bereid/lus is om hul teoretiese leesapparaat te verstel nie, moet maar dié teks uitlos en soos goeie Boere-Calviniste Dallas gaan kyk en skrik vir die sonde. Want sielsalig kom jy nie uit dié leeservaring nie. Soberder, somberder en stiller wel.

(EDUAN SWANEPOEL IS ‘N DOSENT AAN DIE UNIVERSITEIT VAN NATAL SE DEPARTEMENT VAN AFRIKAANS EN NEDERLANDS)

Begin van bladsy

|Tuisblad|Oeuvre|Biografie|Publikasies|Projek|Kunswerke|Klaaglied|Erf|Belemmering|Karolina|Landskap|

Resensie
(opsommings)

Begin van bladsy

Oorsig
Artikels

Oorsig
Artikels
Resensies

CHARLES MALAN, Neef Chrisjan wat so lag. De Kat, 31 Julie 1991.
Charles Malan bespreek Belemmering (Taurus, R39) aan die hand van ander tekste wat bemoeid is met Afrikanerskap. Hoewel Lettie Viljoen se roman op die gebeurevlak nie handel oor Afrikanerskap nie, bevat dit die wesenlike van Afrikanerskap. Hy (Malan) beskryf Belemmering as "... ‘n roman wat ontstel, meesleur, frustreer, vermaak, verras, weersin oproep, terg, ontroer, treiter. Dit is ook ‘n genealogiese gids wat jou baie vertel oor jou band met jou grootmoeder en jou voorsate, die visse, dinosourusse, ape en veral logge, gepantserde, swaarbenige, bulkende, behoringde Afrikaner, ons neef Chrisjan, wat saam met ons lag."

ETIENNE BRITZ, Wagtende op Geelgert. Rapport, 17 Maart 1991.
Etienne Britz kyk na die belang van ruimte en situasies by die lees van Belemmering, eerder as tydsverloop en avontuur: "... die ruimte word impressionisties, argeologies, histories, religieus-mities, filosofies en ook kunsteoreties uitgewerk en uitgediep...en dis dié beginsel waarvolgens die roman voortbeweeg. "Hierdie ruimte is ook gevul" met die uitinge, gedagtes en psigiese lewens van die karakters wat elk sy eie "belemmering" ken.

ANDRÉ LE ROUX, Berg-op wag die leser, en wag en wag. Insig, April 1991.
André le Roux vind dat die storielyn oor Hannah, Oom, Tante en die kind ‘n diepte aan die verhaal gee: "Dié deel van die verhaal loop parallel met die mans op die berg se verhaal, met subtiele raakpunte (die geskiedenis en bepaalde verhoudings). Dit bind met ‘n merkbare deurdagtheid. En met oortuiging. Spontaan en sekuur". Die gewag van die mans op die berg word egter ook die gewag van die leser op iets wat moet gebeur.

JO NEL, Dié roman kan lesers beloon. Beeld, 20 Mei 1991.
Jo Nel beklemtoon die "lae van betekenis " in hierdie roman, wat uitsluitlik aan die leser oorgelaat word om te ontdek. As sodanig kan die kompleksiteit van die roman tot ‘n leeservaring lei wat óf lok óf ontmoedig.

Begin van bladsy

|Tuisblad|Oeuvre|Biografie|Publikasies|Projek|Kunswerke|Klaaglied|Erf|Belemmering|Karolina|Landskap|

Louise
Viljoen

Journal of
Literary Studies
9 (3/4) Dec/Des.1993
313 -325

The Editors, JLS
c/o Dept. of Theory of Literature, UNISA
P.O Box 392
0001 PRETORIA.

Oorsig
Artikel
Resensies

Begin van bladsy

Die roman as polifonie: diskursiewe verskeidenheid in Lettie Viljoen se Belemmering

Louise Viljoen

1 Inleidend
Een van die mees opvallende kenmerke van Lettie Viljoen se roman Belemmering van 1990 is die "wonderlike weefsel" (152) van stemme wat daarin voorkom. Die besondere veelstemmigheid van hierdie roman herinner dadelik aan uitsprake dat die roman in wese 'n veeltalige genre is, dat daar nie sprake is van 'n enkele "language of fiction" nie omdat die roman 'n veelheid van diskoerse in homself integreer (vgl. Waugh 1984: 5; Lodge 1990: 7).

Die mees indringende ondersoek na die veelstemmigheid of polifonie van die roman is waarskynlik te vind in die werk van die Russiese teoretikus, Mikhail Bakhtin. Na die relatiewe obskuriteit van sy lewe onder 'n onderdrukkende Sowjet-regime, is daar in die laaste aantal jare 'n ongekende belangstelling in sy werk onder literatuurteoretici van verskillende oortuigings (Massyn 1991 : 132). Die denke van Bakhtin Buite skakel word gewoonlik saamgevat onder die noemer van die "dialogisme". 'n Sentrale element in sy denke oor taal (wat uiteindelik ook gereflekteer word in sy uitsprake oor die roman) is sy opvatting dat die taal nie bestudeer moet word as 'n abstrakte sisteem nie, maar as 'n sosiale aktiviteit. In teenstelling met Saussure stel Bakhtin dus voor dat die linguistiek die aksent moet laat val op die individuele taalhandeling en sy konteks (oftewel die "parole"), eerder as op die abstrakte sisteem (oftewel die "langue"). Die belangrikste eienskap van die taalhandeling is sy dialogiese aard. Waar die woord vir Saussure 'n tweeledige teken bestaande uit betekenaar en betekende was, is die woord vir Bakhtin 'n tweeledige handeling wat gerig is op dialoog: woord is dus altyd ingestem op wederwoord. Bakhtin skryf in hierdie verband: "The word in living conversation is directly, blatantly, oriented towards a future answer word: it provokes an answer, anticipates it and structures itself in the answer's direction. Forming itself in an atmosphere of the already spoken, the word is at the same time determined by that which has not yet been said but which is needed and in fact anticipated by the answering word. Such is the situation in living dialogue." (Bakhtin Buite skakel1981: 280).

Volgens Bakhtin word betekenisgewing in enige taalhandeling bepaal deur die kondisie van heteroglossie waarvolgens die wêreld gesien word as 'n wemelende verskeidenheid van diskoerse elk met sy onderskeidende kenmerke waaruit die sprekende subjek moet kies (Holquist 1990: 69). Omdat die dialogisme veronderstel dat elke taaluiting betekenis kry as deel van 'n groter geheel en dat daar 'n voortdurende wisselwerking is tussen betekenisse wat mekaar wedersyds bepaal, kan daar streng gesproke nie sprake wees van iets soos 'n monoloog nie. As binêr-opposisionele teenvoeter vir die dialogisme sou die monologisme egter die wanindruk veronderstel dat daar een heersende, objektiverende, verenigende en geslote diskoers kan wees. Daar is al aangevoer dat Bakhtin se argument teen Saussure vanaf die 1930s vanweë sy teenstand teen die Stalinisme ook 'n politieke kleur het: die diskursiewe aktiwiteit van die dialogisme kan teen hierdie agtergrond gesien word as 'n bevraagtekening en ondermyning van die sentralisering van kultuur tot 'n monoloog wat voorgee om objektief, alles-insluitend en afsluitend te wees (Hirschkop aangehaal in Massyn 1991: 137). Dit is belangrik om daarop te let dat dialogisme terselfdertyd inklusief en eksklusief is: enersyds is dit 'n opposisionele strategie wat gebruik word om die objektiverende neigings van die heersende (monologiese) diskoers te ondermyn; andersyds is dit 'n teoretiese beskrywing van 'n neiging inherent aan alle taalgebruik.

Die roman is vir Bakhtin die literêre verwesenliking van dialogisme in taal vanweë die veelstemmige verweefdheid van die verskillende spraakhandelinge daarin vervat (direk, indirek, kwasi-direk) sowel as die heteroglotte oneerbiedigheid teenoor dit wat monologies gevestig is (Massyn 1991: 136). In "From the Prehistory of Novelistic Discourse" onderskei Bakhtin twee neigings in die wisselwerking tussen outeursteks ("authorial speech") en karakterteks ("reported speech"). In die eerste soort teks is daar sprake van 'n duidelike skeiding tussen die rapporterende spraak van die outeur (outeursteks) en die gerapporteerde spraak van die karakters (karakterteks). Bakhtin verwys hierna as die lineêre styl en verbind dit met genres soos die epiek, die tragiek en die liriek wat probeer om die diskoers in die teks te reduseer tot 'n gemene deler, 'n enkele outeurstem. Hierteenoor stel hy die soort teks waarin die grense tussen outeursteks en die karakterteks vervaag omdat die outeur in sekere gevalle die spraak van karakters indirek rapporteer. Die een dring die ander binne en die verskillende spraakhandelinge, elk met sy eie orïentasie, tree in sodanige wisselwerking met mekaar dat daar 'n veelvoud van betekenisse tot stand kom. Hy noem dit die piktorale styl en meen dat hierdie vrye wisselwerking tussen verskillende soort spraak en die meegaande vervaging van grense tussen hulle kenmerkend is van die diskoers van die roman. Die roman is dus die vorm wat by uitnemendheid die heteroglossie van die wêreld demonstreer deur sy polifonie.

Bakhtin het aanvanklik gemeen dat die roman met die koms van Dostoevsky vir die eerste keer werklik die polifoniese potensiaal inherent aan alle prosa gerealiseer het. In sy later werk (veral die studie Rabelais and his world) het hy egter hierdie perspektief genuanseer deur daarop te wys dat die romantradisie teruggevoer kan word tot serio-komiese genres van die klassieke tyd sowel as die Middeleeuse karnavaltradisie wat vanaf die Renaissance deur skrywers soos Cervantes, Bocaccio, Shakespeare en Rabelais in die geskrewe tradisie ingedra is. Ook hierin kan 'n politieke agenda bemerk word: die karnaval verteenwoordig die volk se opstand teen en kritiek op hoë kultuur en offisiële taal wat liefs die mens se groteske liggaam in al sy lyflikheid sou wou ignoreer. Deur die omkering van die bekende en aanvaarde hiërargie ondermyn die lag van die karnaval alles wat op monologiese wyse wil voorgee om essensieel, abstrak en afgeslote te wees.

Met behulp van Bakhtin se begrippe-apparaat wil ek in hierdie referaat aantoon hoedat die polifonie in Belemmering bydra tot die ondermyning van die poging om betekenisgewing te finaliseer. Daar sal ook verwys word na die rol wat die lag in hierdie roman speel as manier om die vestiging van 'n monoloog te verhinder.

2. Die polifonie in Belemmering

2.1 Drie narratiewe lyne en 'n verskeidenheid stemme
Die polifonie van die roman word in die eerste plek gemanifesteer deur die teenwoordigheid van drie verskillende narratiewe lyne wat mekaar oor die loop van 105 hoofstukke afwissel. In die eerste narratiewe lyn bring 'n groep mans bykans 'n jaar lank deur in 'n berghut terwyl hulle besig is om ondermynende strategieë uit te werk teen die bestaande regime. In die tweede narratiewe lyn val die fokus op die vrou Hannah wat uit die Noorde na die Weskaap gaan om daar as paleontoloog ondersoek te doen. By wyse van terugflits betrek enkele hoofstukke in hierdie narratiewe lyn ook 'n besoek wat Hannah aan familie in die Bosveld gebring het voor haar vertrek na die Weskaap. In die derde narratiewe lyn tree 'n ongespesifiseerde Generaal C in 'n byna surrealistiese vertelling op. Die drie narratiewe lyne vorm oënskynlik nie 'n eenheid nie; hulle is eerder op 'n byna subliminale of intuïtiewe vlak op mekaar ingestel sodat weerklanke van die een in die ander opgevang word. Hierdie fragmentering van die roman herinner byna aan 'n Brechtiaanse vervreemdingstegniek: die leser word nie toegelaat om rustig vol te hou met 'n ingeslane leespatroon nie. Hy word voortdurend gedwing om te wissel van die een narratiewe lyn na die ander en moet telkens sy leesstrategie aanpas by die veranderende omstandighede. Besware dat die roman "nie verdiep tot 'n onbelemmerde geheelbeeld nie" en dat "die drade nie mooi saamgevat word nie" (De Villiers 1991: 8), kan ondervang word wanneer die fragmentering van die roman gelees word as 'n weerstand teen die vestiging van 'n sentrale stem en perspektief wat kenmerkend sou wees van die monoloog.

Die polifonie in hierdie roman word ook gevestig deur die uitsonderlike verskeidenheid diskoerse wat daarin voorkom. Naas die diskoerse van die byna karnavaleske verskeidenheid karakters in die roman, is ook die diskoers van die verteller wat daardie karakters aan die woord stel hier ter sake. Die heteroglossie van die werklikheid word in hierdie roman hoorbaar gemaak deur die ruim aantal karakters voortdurend in gesprek met mekaar te plaas. Hierdie gesprekke met hulle uiteenlopende gesigspunte herinner aan Schlegel se uitspraak dat romans die Sokratiese dialoë van sy tyd geword her (vgl Todorov 1984: 87). Enkele kenmerke van die diskoers van die verteller kan ook hier uitgelig word om te toon hoedat dit bydra tot die ondermyning van die dialoog. Besonder opvallend van hierdie diskoers is die wyse waarop dit deurkruis word deur ander diskoerse. Bakhtin verwoord hierdie verskynsel wat ons ook ken as intertekstualiteit so: "Every word gives off the scent of a profession, a genre, a current, a party, a particular work, a particular man, a generation, an era, a day, and an hour. Every word smells of the context and contexts in which it has lived its intense social life" (die vertaling aangehaal deur Todorov 1984: 56-57; vgl ook Bakhtin 1981: 293). Een van die reuke wat kleef aan die diskoers van hierdie vereller is dié van die diskoers in die ouer Afrikaanse roman en kortverhaal. Veral in die uitvoerige beskrywing van die mans se verblyf op die berg is daar iets van die patroon en ritme van hierdie ouer Afrikaanse prosa. Dit word byvoorbeeld gemanifesteer in die noukeurige blokkarakteriserings waarmee dié vertelling begin, die sorgvuldige chronologiese plasing aan die begin van elke hoofstuk, die omvattende beskrywings van die landskap (sonsondergange, kleurkwaliteite, ligtonaliteite, plant- en dierelewe). Een van die opvallende patrone ingebed in die vertelling oor die mans op die berg, is dié van Eugène Marais se verhaal "Salas y Gomez" (1964: 73 - 124). Marais se verhaal oor die Voortrekker Hendrik du Preez, wat 5 maande en 6 dae lank op die berg Roerdomp vasgekeer was, vind duidelike weerklanke in die verhaal van die mans wat byna 'n jaar lank op die berg wegkruip terwyl hulle planne beraam vir 'n opstand. Die keuse om in elkeen van die narratiewe lyne te fokaliseer deur een van die karakters dra verder by tot die polifonie van die roman. In die eerste narratiewe lyn fokaliseer die verteller deur 'n swygsame buitestaander Deneysen, in die tweede deur die vrou Hannah en die derde deur die enigmatiese Generaal C. Deur die keuse van 'n relatief beperkte vertelperspektief, doen die verteller afstand van die alwetende vertellershouding sowel as die outoriteit en gesag wat daarmee saamgaan - die skrywer het in 'n onderhoud opgemerk: "Al wat daar is, is elkeen met die verskriklik beperkte visie. Jy kan net sien wat jy sien. En daarin lê ook vir my die belemmering, in die feit dat jy nét jou eie perspektief het" - (Prinsloo en Hattingh 1991: 94). As gevolg van die keuse van 'n bepaalde karakter as fokaliseringspunt reflekteer die verteller se diskoers iets van daardie karakter se belemmerende onvermoë om die uiterlike sowel as die innerlike landskappe rondom hom of haar te ontsluit. 'n Verdere ondermyning van die verteller se posisie as sentrale outoriteit kom voor wanneer die verteller se diskoers as 't ware vermeng raak met die diskoers van die karakters. Ook dit suggereer dat die verteller se posisie nie dié is van 'n sentrale outoriteit wat hom as objektiewe verwysingspunt kan losmaak van die ander diskoerse (soos bv dié van die karakters) wat weergegee word nie. Bakhtin verwys hierna as karaktersones wat inbreuk kan maak op die rapporterende vertellerstem: "Such a character zone is the field of action for a character's voice, encroaching in one way or another upon the author's voice" (1981: 316). Ook opmerklik van die verteller se diskoers [is] die herhaalde gebruik van parenteses. 'n Parentese onderbreek gewoonlik die sin; as sodanig deurbreek dit eenheid en werk dit dus in teen die vestiging van 'n monologiese vertellersdiskoers. Die invoeging van 'n parentese onderbreek ook die ritme van die sin sodat 'n bepaalde spraakritme daarmee vasgevang kan word. In hierdie geval suggereer dit meermale die huiwerende, voorlopige aard van die verteller se diskoers: 'n gemaklike en monoloë vloei word deur die parenteses verhinder.

2.2 Die verhaal van die mans op die berg

Voorts wil ek 'n poging aanwend om te toon dat die vertelling oor die mans op die berg in sy geheel gelees kan word as 'n weerspreking van enige poging om 'n monoloog te vestig. Op die oog af gaan die vertelling oor die groep mans se voorbereidings vir optrede teen 'n korrupte regime. Deel van hulle voorbereiding is die uitvoerige bestudering van kaarte en intense diskussies oor die probleme war die kaarte opwerp. Dit is ten nouste verknoop aan die figuur van Geelgert wat as leier in absentia vir die groep optree. Hy besoek hulle enkele kere en is die een wat aan hulle opdragte moet gee in verband met hulle optrede. Die voortdurende bestudering van die kaarte sowel as die wag op die ontwykende en enigmatiese Geelgert kan op die figuurlike vlak gelees word as 'n interpretasieproses waarin daar gesoek word na 'n finale en afsluitende betekenis. Dit is veelseggend dat Spaans, die taalgevoelige lid van die geselskap, hom in die besonder verheug in die verwikkeldhede van hierdie interpretasieproses. Sy vreugde oor die moeilikheid maar ook die opwinding van interpretasie blyk voldoende uit 'n moment soos die volgende: "'Wie kan die kaart hiér lees?' vra Spaans. 'Hy is dig hier, hoor! Om híér van sin te maak!' (roep hy vreugdevol)" (123). Gesien sy latere optrede is dit meer as net toevallig dat Polla, een van die jonger mans en die ketterse skoorsoeker van die groep, in antwoord op Spaans meen dat sekere gebiede "nooit gekaart" of "begrens" kan word nie (123). Hierdie opmerking suggereer dat die finale afsluiting van die interpretasiesproses mag uitbly.

Geelgert se posisie met betrekking tot hierdie soeke is ambivalent. Enersyds word daar van hom verwag om die belemmering op te hef en hulle te lei tot 'n punt waar hulle helder en ondubbelsinnig sal weet wat om te doen. Hy is in talle opsigte goed toegerus vir hierdie rol. Sy optrede en diskoers is duidelik dié van 'n leiersfiguur en iemand wat gemaklik omgaan met sy magsposisie. Veral Taloes is geïntrigeer met hierdie eienskap van Geelgert en praat dikwels daaroor. Hy verwys daarna dat Geelgert "mag in sy gebeendere" ken (105), dat hy "'n geweldige preokkupasie met mag" het en "onderwerpingsgedrag" oproep (133). Sy diskoers is "verbaal aggressief" en "konfronterend" (27) en daar word gesê dat sy brutale taalgebruik 'n manier is waarop hy op byna seksuele wyse dié met minder mag onderwerp (l14). Daarbenewens is hy 'n pragmatis met 'n sterk geroepenheid tot optrede en 'n geloof in handeling (132).

In teenstelling met hierdie elemente wat 'n kragdadige optrede en finalisering van die mans se projek in die vooruitsig stel, is daar egter ander wat so 'n afloop twyfelagtig maak. Dit is veral in Geelgert se diskoers wat suggesties van die ontwykende en die onafhandelbare geplant word. Daar word byvoorbeeld gesê dat sy taalgebruik "ruig, soepel, kragtig, met 'n sterk metaforiese dubbele bodem" (27) is wat impliseer dat die betekenis van war hy sê nie maklik vasgevang kan word nie. Hy kan ook 'n woord so sê dat "'n hele arsenaal afwykings daarin vervat is" (113). Die ontwykende van sy diskoers is ook daarin geleë dat dit meestal deur die verteller of ander karakters omskryf word eerder as wat dit direk gerapporteer word. Hy het ook 'n verbysterende vaardigheid met die vertel van grappe: hy het "'n groot en skunnige versameling" wat hy met "onverbeterlike tydsberekening" vertel (28). Hierdie elemente in sy diskoers bevestig dat Geelgert 'n ondermyner is - nie net van die regime wat hy besig is om te beveg nie, maar ook van enige sisteem wat hy self besig is om te skep. Dit is dus nie vreemd dat Karel opmerk dat Geelgert "éintlik die hand van jou aartstrickster, jou wáre poetsbakker, jou argetipiese gedaanteverwisselaar" (181) het nie - hy is dus die aartsbelemmeraar. Daarom is dit te verwagte dat hy uiteindelik nie vir die mans op die berg uitkoms sal bring nie. Die moontlikhede van 'n Bakhtiniaanse lesing van hierdie gegewe lê voor die hand. Geelgert se diskoers bevestig die heteroglossie van die wêreld en die futiliteit van die poging om dit in 'n monoloog van watter aard ook al te probeer vasvang. Sy grappe kan gelees word teen die agtergrond van Bakhtin se opvatting oor die funksie wat die lag het in die ondermyning van gevestigde hierargieë wat probeer om een amptelike taal, 'n monoloog, daar te stel. Boonop is die roman al by geleentheid beskryf as 'n ondermynende en subversiewe "trickster" omdat dit dié vorm is waarin die heteroglossie van die wêreld gevier word: " In Bakhtin's treatment of it, the novel is sometimes a liberating bogatyr, hero, and sometimes a debunking trickster" (Holquist 1990: 72).

Van die groep mans op die berg is dit Polla wat die nouste verwant is aan Geelgert. Hy is die graplustige lid van die klein geselskap wat die meeste plesier het aan Geelgert se skunnige grappe en wat ook heelwat moeite doen om hom te probeer beïndruk (28 - 29). Sy bydrae tot die gesprekke op die berg is dikwels dié van 'n aartsondermyner wat die ander se standpunte 'debunk' en opstuur. Hy relativeer byvoorbeeld die ander in die groep se intellektuele gesprekke deur sy kru taalgebruik en hy onderbreek dikwels ernstige vertellings met skoorsoekerige tussenwerpsels (82). Hiermee saam gaan die waarneming dat hy "toenemend elke standpunt, ongeag wat" (149) opponeer. By geleentheid merk Deneysen op dat Polla in 'n "ketterse bui (is), geoordeel aan sy uitbundigheid en skabreuse taal" (64), iets wat kontrasteer met die erns en formele diskoers van die ouer mans Baart en Ben. Syne is dus 'n ondermynende diskoers wat ook van die grap en skurwe taal gebruik maak om die vestiging van 'n monoloog te weerspreek.

Polla is uiteindelik die een wat die afloop van die verblyf op die berg in werking stel deur 'n bergpoort oop te skiet met plofstof. Hierna is hy weg, moontlik dood; 'n soekgeselskap kan hom nie vind nie. Van die karaktars se onmiddellike reaksie op die ontploffing is om te lag: Deneysen "kry 'n groot lag" en Taloes lag vir die eerste keer in al die maande op die berg hard oor wat Polla gedoen het (242). Hierdie lag van bevryding word opgevolg met 'n "selebrasie asof hulle op hierdie dag van hulle kettings bevry is" (245) ten spyte van die feit dat Ben deur een van die vallende rotsblokke beseer is en pyn verduur. Kort hierna bring Soois die nuus van Geelgert se verdrinking en Deneysen kry in sy gedagtes die "beeld van reuse vis wat stadig in die water afdaal, op die bodem tot stilstand kom, en maag na bowe daar roerloos bly hang" (248). Hierdeur verydel Geelgert enige poging om tot optrede en finale singewing te kom. Wanneer die mans uiteindelik die berg verlaat met die beseerde Ben op 'n draagbaar, kyk Deneysen terug na die landskap wat eweneens onontsluit en geheim gebly het: "Nog hoër op sien hy die maan - 'n dun skyf in die lug wat haarself nooit aan hulle ontboesem het nie" (250). Sowel die oopskiet van die berg deur Polla as Geelgert se wegsink in die water is egter ook momente van transgressie (vgl Bakhtin 1984: 26) waarin daar weggebreek word vanuit 'n stagnante situasie in die rigting van moontlike herlewing en vernuwing. Die belemmering waarvan daar in hierdie roman sprake is, hou dus nie net verband met die afwys van die sekerhede van die monoloog nie maar ook met die vrugbare moontlikhede opgesluit in so 'n afwysing.

4. Die verhaal oor Hannah

Daar is reeds vroeër verwys na die feit dat die reeks hoofstukke oor Hannah in twee chronologiese fases opgedeel is. 'n Reeks hoofstukke wat handel oor Hannah se verhuising na die Weskaap en haar verblyf daar word afgewissel met 'n ander reeks hoofstukke wat handel oor 'n besoek wat sy aan familie op 'n Bosveldplaas bring voordat sy na die Weskaap gaan. In hierdie vertelling word die werklikheid van die Bosveldfamilie op hulle plaas uitgebeeld op 'n manier wat 'n mens - met Bakhtin as verwysingsraamwerk - byna grotesk sou kon noem. Die redes vir Hannah se besoek aan Oom Dirkie (eintlik 'n bloedneef maar veel ouer as sy - 39) en Tant Drien is waarskynlik 'n ernstige en egte behoefte aan kontak met haar familie en die omgewing waar belangrike gebeure in die familiegeskiedenis hulle afgespeel het (38). Die skerp ideologiese verskille tussen hulle sorg egter vir 'n hoogs bevreemdende kyk op die werklikheid van die voormalige OB-man Oom Dirkie en sy vrou Tant Drien met die "harige beentjies", die ritueel van op die stoep sit met die Mainstay tot dit tyd is vir die agtuur-nuus, hulle slaapkamer waar 'n spieëltafel met 'n groot ronde spieël soos 'n "radarskottel" tussen die twee enkelbeddens "die versteurings in die atmosfeer" opvang (117), die werf met die bronstige foksterriërs wat tjankend paar, die nagte waartydens die paddas, muise en kakkerlakke volhardend in die huis rondhardloop - om maar enkele grepe te noem. Die komiese effekte wat hieruit ontstaan, hou verband met die "reduced laughter" waarin 'n element van somberheid voorkom en wat Bakhtin in die werk van Dostoyevsky identifiseer eerder as met die uitbundige komedie wat hy in die werk van Rabelais uitwys (vgl Lodge, 1990: 70). Die gedempte, byna treurige lag van hierdie hoofstukke herinner aan Kundera se insig dat die mens hom voortdurend op die rand van 'n komiese afgrond bevind wat sy situasie relativeer: "Comedy is everywhere, in each one of us, it goes with us like our shadow, it is even in our misfortune, lying in wait for us like a precipice" (Kundera Buite skakel, 1977: 5).

Aan die begin van die vertelling oor Hannah (waarbinne hierdie Bosveldkomedie ingebed is) word daar gesuggereer dat sy na die Weskaap gaan met die verwagting dat sy daar geluk sal vind ("Hannah kom ook haar geluk hier soek," eindig die eerste hoofstuk oor haar - 10). Uiterlik gesien word haar verwagtinge nie vervul nie. Sy raak besonder verknog aan die kleinkind van Oom en Tante wat by hulle bly terwyl haar ouers besig is met veldwerk, maar moet uiteindelik ervaar hoedat die kind weggroei van haar soos wat sy ouer word. Daar ontstaan ook 'n verhouding tussen haar en 'n man, Henrik, wat mettertyd nie meer voldoende "geluk en tevredenheid" (190) bring nie en op die rotse loop. Dit is ook opmerklik dat sy met verloop van die verhaal toenemend onbehaaglik en moeg voel (184). Uiteindelik word Hannah gedwing om terug te leef na die onmiddellike familie wat sy agtergelaat her met haar verhuising na die Weskaap, veral haar broer en vader. Hierdie terugleef hou nie net verband met haar paleontologiese belangstelling in prehistoriese tydperke nie, maar ook met haar terugdelf in die volks- en familiegeskiedenis. Die land se geskiedenis (insidente soos die Eerste Vryheidsoorlog, die Slag van Majuba, die 1922-staking, die Oom Dirkie se rol in die OB) word aan haar oorvertel deur Oom. Die familiegeskiedenisse hoor Hannah hoofsaaklik by Tante wat al die verskillende verwantskappe kan uitlê en ook oor die verhoudings tussen familielede kan getuig. Die belangrikheid van beide die broer en die vader in Hannah se verhaal blyk uit die volgende byna terloopse uitspraak: "Hannah se lewe was tot dusver in elke opsig onnoemenswaardig. Geen deurlopende lyn van hartstog of belemmering nie. Behalwe dat haar pa, toe sy twaalf of veertien was, hulle familie ontval het, en dat haar broer 'n stuk of vyf, ses jaar later ophou praat het" (22). Die belemmering wat Hannah wel ervaar, het dus te doen met haar vader en broer wat haar faal. Alhoewel sy met haar verhuising na die Weskaap hierdie "beswarende verlede"(167) agter haar wil laat, kry sy dit uiteindelik nie reg nie. Sy moet die broer en vader konfronteer en in dié konfrontasie haar spanning met alle mans uitspeel, trouens haar spanning met die hele patriargale bestel soos verteenwoordig deur ál die manlike figure in die roman (ook in die ander narratiewe lyne). Die briewe (deels informatief, deels droomagtige geslote) wat Hannah aan haar broer skryf, vorm die aanloop tot hierdie allerbelangrike konfrontasie in die slothoofstuk. Van die vyftal briewe is veral twee belangrik omdat belangrike aspekte van Hannah se verhouding met haar broer en vader daaruit afgelei kan word. Die eerste hiervan is die brief waarin sy sinspeel op die verhaal van Rachel de Beer wat gesterf het toe sy haar broertjie gered het van verkluiming deur hom in 'n miershoop te laat skuil terwyl sy die opening bedek het met haar liggaam. In die brief aan haar broer vergelyk sy hulle verhouding met dié tussen Rachel de Beer en haar boetie, met die verskil dat sy die een is wat oorleef het: "My geliefde Broer (skryf sy), waarom ék uit die miershoop moes kruip, weet ek nie" (94). Sy is die "onnosele, taai dogter" wat stokkerig van die koue huis toe loop nadat sy "die yskorrels, die sandkorrels, die sneeuvlokkies" van haar rok afgestof het (94). Hannah ervaar dus as dogter 'n skuldgevoel omdat sy, wat binne die patriargale familie-opset die minderwaardige is in vergelyking met die seun, oorleef het. Daar word ook gesuggereer dat die broer meer geliefd is as sy, veral deur die pa: "Ons pa verwarm jóú met sy trane... Hy baai jou in sy baddens, en skommel jou soos 'n baba" (94). Wanneer daar gesê word dat die broer selfs na hierdie behandeling geen aanduiding gee dat hy meer hoor nie, kan dit in verband gebring word met die vroeër mededeling dat hy opgehou praat het. Die skuldgevoel wat blyk uit die Rachel de Beer-verwysing kan dus waarskynlik herlei word tot die feit dat Hannah aandadig voel aan haar broer se stilswye. Die deurlopende voorstelling van haar broer as 'n gewigopteller wat 600 pond dooiegewig kan optel terwyl die mure van die kosmos langs hom opskiet, maak ook van hom 'n heroïese figuur wat korrespondeer met die siening van die gekoesterde seun binne 'n patriargale opset. In 'n ander brief aan haar broer blyk dat Hannah haar vader as afwesig ervaar. In die brief vra sy vir haar broer of sy hulle "verlore vader" in die water moet gaan soek - sy stel haar voor dat sy hom dalk sal sien en vir hom sal roep: "Pa!, het ons dan nie genoeg waarde gehad dat jy vir ons kon bly stry nie" (240). Daar is dus by Hannah sprake van 'n skuldgevoel teenoor haar broer sowel as 'n gevoel van verwerping deur haar vader wat 'n rol speel in haar ervaring van haarself as vrou binne 'n man-gesentreerde samelewing.

In die enigmatiese slothoofstuk speel die belangrike konfrontasie hom dan uit. In hierdie hoofstuk gaan Hannah letterlik onder die grond in om 'n gesprek met haar stilswygende broer te voer. Al die konnotasies van hierdie gegewe word geaktiveer: die ondergrond as terrein van die ondermyner, as plek waar die verskillende lae van die geskiedenis neergelê word, die plek waar dooies begrawe word en uiteindelik ook die bron van regenerasie. Die beweging in die grond in begin deurdat Hannah sekere paleontologiese feite konstateer. Uiteindelik verwys sy na die Afrikaanse buffel wat volgens haar broer "die edelste van alle diere" (251) is. Een moontlike lesing van hierdie verwysing na die Afrikaanse buffel is dat hy verteenwoordigend word van die man, die ganse patriargie, soos wat Hannah dit ervaar. Deur middel van so 'n lesing kan daar dan ook raakpunte gevind word met die figuur van Generaal C wat sentraal staan in die derde narratiewe lyn. Generaal C is - net soos die Afrikaanse buffel - van Suider-Afrika soos afgelei kan word wanneer hy sê: "Hier op die punt van Afrika het ons nog altyd dinge aan mekaar en aan ander gedoen." (68). Wat voorkoms betref, het hy ook iets van die Afrikaanse buffel aan hom: nie net is daar sprake van 'n "swaar been" nie, maar ook van 'n groot kop en 'n kakebeen wat swaar word "asof dit 'n verlenging van die yslike nekstruktuur" is (49). Hierdie figuur tree op in 'n surrealistiese landskap vol fel kleure en militêre aksente wat daaraan 'n spesifiek manlike klank gee (vgl. die verwysings na sameswerings, karakters met militêre range, verraaiers, Vereeniging en Heldeveld, 'n militêre hoofstad).

Die feit dat Hannah melding maak van die koue onder die grond herinner weer aan die koue miershoop waaruit sy gekruip het volgens haar interpretasie van die Rachel de Beer-geskiedenis. Dit is juis in hierdie ruimte wat die broer weer begin praat alhoewel Hannah moeite het om hom te hoor. In hulle gesprekke word die paleontologiese beweging terug in die aarde in vergesel van 'n beweging terug in die familie en volksgeskiedenis in. Dit is duidelik dat veral die manlike figure in die familielyn (die twee oupas, die vader, neef Chrisjan) die belangrike rolspelers in hierdie geskiedenisse is. Die hoofstuk - en die roman - eindig uiteindelik met 'n lag wat binne die Bakhtiniaanse konteks funksioneer as 'n ondermynende, maar ook bevrydende en regenerende handeling. Binne hierdie konteks word die konfrontasie van die vrou Hannah met al die mansfigure in haar ervaring (haar stilswygende en onkommunikatiewe broer, haar afwesige vader, haar oupas, neef Chrisjan) 'n bevrydende moment. Die swaarwigtigheid van die patriargale orde word dus deur die lag opgelug en ondermyn; nie net deur die vrou Hannah nie, maar deur die mans self (dit is immers die broer wat begin lag). Aanvanklik lyk dit asof die lag gewantrou word as daar gevra word: "Wie lag?/ Neef Chrisjan wat saam lag? Saam met ons lag?" (252). Op hierdie punt tree die verteller vir die eerste keer as 'n ek die roman binne ("'Lag julle?' vra ek"- 252) sodat nie net die karakters in die roman nie, maar ook die verteller betrek word by hierdie ondermynende en bevrydende lag. Die finale bevestiging van hierdie lag kom wanneer neef Chrisjan (die een waarin al die manlike figure van die persoonlike sowel as die politieke geskiedenis saamgetrek word vanweë die assosiasies met hulle oom Krisjan, Generaal Christiaan de Wet sowel as die enigmatiese Generaal C) begin saamlag. Van die man wat gewoonlik manlik soos 'n leeu gelag het, word daar in slotwoorde van die roman gesê: "Ja, dit is ons neef Chrisjan, en hy lag saam met ons" (252). Wanneer almal uiteindelik lag (die mans, Hannah en die verteller) word die monologiese orde van die patriargie, waarin mans sowel as vroue vasgevang was, besweer. Deur middel van 'n sonderlinge polifonie word die monoloog, wat sy mag op die persoonlike sowel as die politieke terrein kan laat geld, dus weggepraat en weggelag. Dit is 'n onvermydelike ironie dat die leser met elke interpretasiepoging die roman se diversiteit en polifonie reduseer tot iets met die aanskyn van 'n monoloog.

5. Ten slotte

Miskien reik Afrikaans met die problematiese konnotasie van onderdrukkerstaal juis deur hierdie soort roman op die mees betekenisvolle manier uit. Deur te wys dat alle taal - ook Afrikaans - bestaan uit 'n verskeidenheid diskoerse wat juis inbeur téén die daarstel van 'n amptelike monoloog, word die ruimte van Afrikaans ten beste aan die leser getoon.

BRONNE:

Bakhtin, M.M
Buite skakel. 1981. The Dialogic Imagination. Austin: University of Texas Press.

Bakhtin, Mikhail Buite skakel, 1984. Rabelais and his world. Boomington: Indiana University Press.

Hirschkop, Holquist, Michael. 1990. Dialogism. Bakhtin and his world. London & NewYork: Routledge.

Kundera Buite skakel, Milan, 1977. Comedy is everywhere. Index on censorship 6: 3-7.

Lodge, David. 1990. After Bakhtin. Essays on Fiction and Criticism. London & New York: Routledge.

Marais, Eugène N, 1964 (1933). Die huis van die vier winde. Pretoria: JL. van Schaik Buite skakel.

Massyn, John, 1991. Dialogism and Carnival: Reflections on Bakhtin, Language and the Body. Journal of Literary Studies 7 (2) June: 132-145.

Prinsloo, Koos & Hattingh, Ryk, 1991. Rachel het berou (wat van Generaal de Wet?). (Onderhoud met Lettie Viljoen/lngrid Gouws). De Kat Junie: 94-97.

Todorov,Tzvetan. 1984. Mikhael Bakhtin Buite skakel. The Dialogical Principle. Minneapolis: University of Minnesota Press Buite skakel.

Viljoen,Lettie. 1990. Belemmering. Bramley: Taurus.

Waugh, Patricia. 1984. Metafiction. The Theory and Practice of Self-Conscious Fiction. London & New York: Routledge.

Louise Viljoen
Lektrise Departement Afrikaans en Nederlands
Buite skakel - Universiteit van Stellenbosch

Begin van bladsy

|Tuisblad|Oeuvre|Biografie|Publikasies|Projek|Kunswerke|Klaaglied|Erf|Belemmering|Karolina|Landskap|

Data navorsing en samestelling deur:
Nelia Oets
Baukje Stam
Janine Joubert

Bladsy- en grafiese ontwerp:
MedImage
agapeicon.jpg (3938 bytes)